Leesrooster vir lidmate 2020-2021

R150.00

Leesrooster vir lidmate bied aan lidmate die geleentheid om die erkende teksrooster Revised Common Lectionary (RCL) elke week in hulle persoonlike stiltetyd, met huisgodsdiens of in groepbyeenkomste te volg. Só help dit lidmate om die boodskap van die Bybel oor ’n tydperk van drie jaar in sy groter omvang te lees en te leer ken. Leesrooster vir lidmate is vanjaar gegrond op Jaar B van die RCL.

Omdat Leesrooster vir lidmate aansluit by die seisoene van die kerkjaar, moedig dit lidmate aan om al die feeste, gebruike en gewoontes van die kerkjaar te vier en te ervaar. Voor elke seisoen van die kerkjaar begin, is daar agtergrondinligting oor daardie spesifieke seisoen.

Leesrooster vir lidmate sluit ook aan by die Seisoen van Luister se Luistersiklus en behandel elke week ’n ander teksgedeelte. Elke dag van die week word daar vanuit ’n ander hoek op hierdie teksgedeelte gefokus. Dit help lesers om ’n leesmetode te ontwikkel wat hulle help om die Bybeltekste vanuit verskillende perspektiewe te oordink. Dit ontwikkel by lesers die besef dat verskillende perspektiewe op die teks verskillende vrae ontlok, om uiteindelik verskillende insigte en antwoorde te bied. Deur die fokusteks bring Leesrooster vir lidmate ook eenheid tussen die erediens, huisgodsdiens en groepgesprekke.

SKU: 9781776160563 Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: Oordenkings vir lidmate. Gebaseer op die kerkjaar. Seisoene en feeste in die lewe van gemeentes in Afrika.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 136

OPSOMMING: Leesrooster vir lidmate bied aan lidmate die geleentheid om die erkende teksrooster Revised Common Lectionary (RCL) elke week in hulle persoonlike stiltetyd, met huisgodsdiens of in groepbyeenkomste te volg. Só help dit lidmate om die boodskap van die Bybel oor ’n tydperk van drie jaar in sy groter omvang te lees en te leer ken. Leesrooster vir lidmate is vanjaar gegrond op Jaar B van die RCL.

Omdat Leesrooster vir lidmate aansluit by die seisoene van die kerkjaar, moedig dit lidmate aan om al die feeste, gebruike en gewoontes van die kerkjaar te vier en te ervaar. Voor elke seisoen van die kerkjaar begin, is daar agtergrondinligting oor daardie spesifieke seisoen.

Leesrooster vir lidmate sluit ook aan by die Seisoen van Luister se Luistersiklus en behandel elke week ’n ander teksgedeelte. Elke dag van die week word daar vanuit ’n ander hoek op hierdie teksgedeelte gefokus. Dit help lesers om ’n leesmetode te ontwikkel wat hulle help om die Bybeltekste vanuit verskillende perspektiewe te oordink. Dit ontwikkel by lesers die besef dat verskillende perspektiewe op die teks verskillende vrae ontlok, om uiteindelik verskillende insigte en antwoorde te bied. Deur die fokusteks bring Leesrooster vir lidmate ook eenheid tussen die erediens, huisgodsdiens en groepgesprekke.

SKRYWER: Leesrooster vir lidmate is saamgestel deur lede van ’n navorsingsgroep van Communitas en dié lede kom almal uit die VGKSA en die NG Kerk.