Leeg: God se troos na swangerskapverlies of miskraam

R190.00

Dié boek is vir alle ouerpare wat miskrame beleef het of hul baba weens stilgeboorte verloor het. In Leeg verduidelik drie kenners –’n ginekoloog, ‘n pastoor en ‘n pastorale terapeut – hoekom so iets gebeur, en hoe om te verstaan en te verwerk. Toegelig deur ware verhale van mense wat self deur soortgelyke ervarings is bied Leeg praktiese inligting, hulpbronlyste – en hoop.

SKU: 9780796320087 Categories: , ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 224

OPSOMMING: Saam met swangerskap kom hoop en drome. Maar vir vir sommige spat dié drome wreed aan skerwe met ’n miskraam of stilgeboorte, wat vrae laat soos: Waarom, Here? Leeg is ’n praktiese gids saamgestel deur ’n dokter, ’n pastoor en ’n pastorale terapeut, spesiaal vir ouers wat ’n miskraam of stilgeboorte beleef het. Dis vir elkeen wat sit met worstelvrae en magteloos voel teenoor die verlies. Die pad van rou en aanvaarding is geensins maklik nie, maar te midde van dit alles ís daar hoop.

SKRYWERS

Marlena du Toit, Braam Klopper en Justine Pike