Leef lig

R225.00

Die vroeë kerk was die suksesvolste in die geskiedenis van die Christendom. Tog het hulle nie kerkgeboue, PowerPoint slides, ‘n Bybel, belydenisskrifte of ‘n vurkieheining om hul kerkgebou gehad nie. Volgens Jesus moet jy altyd iets laat gaan as jy regtig suksesvol wil wees. En volgens Jesus is dit eers as jy iets groot genoeg vind om jou lewe voor weg te gee dat jy werklik begin leef.

Jaco Strydom beskryf die vyf gewoontes van die vroeë kerk wat hulle so suksesvol gemaak het, en waarvan ons kan leer: sonder jouself af in gebed, reis lig, leef in eenheid, wees goed vir jou vyande, gee om vir die wêreld en gaan uit en doen dit wat jy geleer het. Om geestelik te groei, ’n verskil te maak in hierdie wêreld en die “lewe in oorvloed” waarvan Jesus praat, voluit te beleef, het ons beter gewoontes nodig, nie net nou en dan ’n paar goeie uitsonderings nie. Doen tog net iets! En hou aan om dit te doen totdat dit ’n gewoonte word.

Description

SUBTITEL: Vyf gewoontes van die vroeë kerk vir vandag

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 176

OPSOMMING: Die vroeë kerk was die suksesvolste in die geskiedenis van die Christendom. Tog het hulle nie kerkgeboue, PowerPoint slides, ‘n Bybel, belydenisskrifte of ‘n vurkieheining om hul kerkgebou gehad nie. Volgens Jesus moet jy altyd iets laat gaan as jy regtig suksesvol wil wees. En volgens Jesus is dit eers as jy iets groot genoeg vind om jou lewe voor weg te gee dat jy werklik begin leef.

Jaco Strydom beskryf die vyf gewoontes van die vroeë kerk wat hulle so suksesvol gemaak het, en waarvan ons kan leer: sonder jouself af in gebed, reis lig, leef in eenheid, wees goed vir jou vyande, gee om vir die wêreld en gaan uit en doen dit wat jy geleer het. Om geestelik te groei, ’n verskil te maak in hierdie wêreld en die “lewe in oorvloed” waarvan Jesus praat, voluit te beleef, het ons beter gewoontes nodig, nie net nou en dan ’n paar goeie uitsonderings nie. Doen tog net iets! En hou aan om dit te doen totdat dit ’n gewoonte word.

SKRYWER: Jaco Strydom is die leier van Echo Jeugontwikkeling en deeltyds gekoppel aan Villieria Gemeente. Sy skryfwerk verskyn die afgelope tien jaar in onder andere Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media en Weg. Hy is ook ‘n gereelde blogger. Hy woon tans saam met ses ander mense in Villeria. Hy het twee dogters. Jaco het studeer by NWU en UP.