Leef in volkleur

R250.00

In hierdie wonderlike boek delf Johan Smith diep in Bybelse waarhede oor die kern van verhoudings. Hy wys vir ons dat God die God van innige verhoudings is. Daarom kan ons in sy voetspore volg en weer passievol oor verhoudings raak. Die skrywer wys ook vir ons hoe om sulke verhoudings, met God en met ander mense, te bou en te koester. ’n Boek wat elkeen moet lees!

SKU: 9781776353934 Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: Vreugde deur verhoudings

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 192

OPSOMMING: Dink na oor die grootste hoogtepunte en die mees kosbare tye in jou lewe. Die skrywer is oortuig dat die meeste hiervan iets te doen het met mense, mense met wie jy ’n warm, kwaliteitsverhouding beleef. Hoekom is hy so oortuig? Want die lewe bestaan uit verhoudings. God se DNA is liefde. Hy is die God van genade en gemeenskap. Dit is wie en wat Hy is. Dit gaan hand aan hand met die ware aard van God om Homself onophoudelik met ons te deel.

In hierdie wonderlike boek delf Johan Smith diep in Bybelse waarhede oor die kern van verhoudings. Hy wys vir ons dat God ’n God van innige verhoudings is, en daarom moet ons in sy voetspore volg en weer passievol oor verhoudings raak. Die skrywer wys vir ons hoe om sulke verhoudings te kweek en te koester, met God en met ander mense. Hierdie is ’n boek wat elkeen moet lees!

SKRYWER: Johan Smith werk al vir meer as 30 jaar met jongmense, onderwysers ouers en gesinne. Van sy meer as 30 boeke fokus veral op dié groepe. Hy tree landswyd op by kerke en skole. Sy boodskappe, praatjies en reekse fokus op ouerskap en die gesin, dissipelskap, depressie, uitbranding en geestelike groei. Hy het al by vele konferensies opgetree. Johan het ook al tientalle jeugkampe, jeugweke en praatjies vir jongmense by skole en kerke aangebied. Hy bied ook graag motiverings-, inspirasie- en bemagtigingspraatjies aan vir onderwysers by skole, asook geestelike leiers. Johan is getroud met Helena en hulle het 3 kinders. Sy kleinkinders lê hom baie na aan die hart. Johan kan gekontak word by [email protected].