Description
SUBTITEL: Droom, Glo, Doen
FORMAAT: Boek
OPSOMMING: Imagine jy kan jou droom uitleef.
Imagine jy kan elke passie in jou hart voluit volg.
Imagine nou nog verder:
God het ’n droom vir jou. Sy droom vir jou is baie groter as wat jou drome vir jouself ooit kan wees. En God nooi jou uit om sy droom vir jou te ontdek. Hy roep jou, en in sy roeping kan jy die lewe leef wat Hy vir jou bedoel het.
Leer daarom hoe om na sy stem te luister wanneer Hy jou roep …
• om ’n profeet te wees wat na Hom luister en sy wil soek.
• om ’n priester te wees wat ander mense liefhet en versorg.
• om ’n dienaar-leier te wees wat ’n verskil in die wêreld maak.
• om ’n wyse mens te wees wat ander help om op sy koers te bly.
God droom gróót oor jou. Mag jy sy roepstem hoor en sy droom vir jou ontdek.
INHOUD
Leef God se droom vir jou
Deel 1: Geroep om ’n profeet te wees
Dag 1: Jongmense sal as profete optree
Dag 2: Ek? ’n Profeet?
Dag 3: God se wil is ons GPS
Dag 4: Wandel in die Woord
Deel 2: Geroep om ’n priester te wees
Dag 5: Opregte liefde
Dag 6: Priesters sien om na nood en seer
Dag 7: Soms moet ons heel word voor ons kan aangaan
Dag 8: Omgee en diens
Deel 3: Geroep om ’n dienaar-leier te wees
Dag 9: Die wapenrusting van God
Dag 10: ’n Koning wat dien
Dag 11: Die swaard van die Gees
Dag 12: Nederigheid
Deel 4: Geroep om ’n wyse te wees
Dag 13: Hemelse wysheid
Dag 14: Wysheid: ’n manier van leef voor God
Dag 15: Lees die tyd reg
Dag 16: Geloofsonderskeiding
SKRYWER
Rudolph Grobler is passievol daaroor om jongmense bewus te maak van die werklikheid van God in hulle lewe. Hy is getroud met Sanet. Hulle lewensvisie is om die lewe in vreugde en eenvoud met ander te deel. Rudolph is tans jeugleraar by Bergsig-gemeente in George.