Lea lief seeskilpaaie : Avonture by die akwarium

R135.00

Lea lief alle diere!

Lea se ma is ’n veearts en haar tannie werk by die akwarium se seeskilpadredding- en rehabilitasie-sentrum – om diere te red, is in haar bloed! Toe sy die kans kry om saam met haar familie see toe te gaan om haar tannie te gaan help met die seeskilpaaie kan sy nie wag nie. Haar sussie, Lola, het egter net ooghare vir Amelia Ametis: die gewilde popsangeres wat ’n groot konsert hou!

Maar Lea beleef allerhande onverwagse avonture by die akwarium; van ’n siek pikkewyn, ’n skielike swem in die haaitenk en Amelia Ametis wat opdaag – met skilpaddopjuwele! Lea moet net iets doen om die seeskilpaaie te probeer red. Toe kry sy ’n blink plan …

SKU: 9780799395716 Categories: , , , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 64

OPSOMMING: Lea lief alle diere!

Lea se ma is ’n veearts en haar tannie werk by die akwarium se seeskilpadredding- en rehabilitasie-sentrum – om diere te red, is in haar bloed! Toe sy die kans kry om saam met haar familie see toe te gaan om haar tannie te gaan help met die seeskilpaaie kan sy nie wag nie. Haar sussie, Lola, het egter net ooghare vir Amelia Ametis: die gewilde popsangeres wat ’n groot konsert hou!

Maar Lea beleef allerhande onverwagse avonture by die akwarium; van ’n siek pikkewyn, ’n skielike swem in die haaitenk en Amelia Ametis wat opdaag – met skilpaddopjuwele! Lea moet net iets doen om die seeskilpaaie te probeer red. Toe kry sy ’n blink plan …

SKRYWER: Cecilia Steyn is op Welkom in die Vrystaat gebore, die jongste van drie kinders. Sy was nog altyd lief vir skilder en skets en op hoërskool was kuns haar gunsteling-vak. Ná skool het sy in die apteekbedryf gaan werk, en sy en haar man, Johan, het drie seuns. Onder leiding van haar broer en mentor, die skrywer Fanie Viljoen, probeer sy op die ouderdom van veertig vir die eerste keer haar hand aan die skryfkuns. Haar eerste kortverhaal, “Evan se pizza”, het in 2015 in Vrouekeur verskyn, en kort daarna is Die meisie op die dak deur LAPA Uitgewers vir publikasie aanvaar. Wanneer sy deesdae nie lees nie, skryf sy. Sy geniet dit ook om haar hande vuil te maak en saam met haar man aan hul huis te help restoureer of in die tuin te werk.

Facebook: Cecilia Steyn
Instagram: @ceciliasteyn_skrywer