Lea lief honde: Hik, Hik, Hoera!

R135.00

Hoera vir heldhaftige honde

Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed!

Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Daar is net een probleem: Hik, die hondjie wat Lea gered het, wil net nie die toertjies leer nie! En Lea se ma het gesê as Hik nie maniere leer nie, dan moet hulle hom opgee om aangeneem te word …

Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins.
Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is.

SKU: 9780799397970 Categories: , , , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 72

OPSOMMING: Hoera vir heldhaftige honde

Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed!

Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Daar is net een probleem: Hik, die hondjie wat Lea gered het, wil net nie die toertjies leer nie! En Lea se ma het gesê as Hik nie maniere leer nie, dan moet hulle hom opgee om aangeneem te word …

Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins.
Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is.

SKRYWER: Cecilia Steyn is op Welkom in die Vrystaat gebore, die jongste van drie kinders. Sy was nog altyd lief vir skilder en skets en op hoërskool was kuns haar gunsteling-vak. Ná skool het sy in die apteekbedryf gaan werk, en sy en haar man, Johan, het drie seuns. Onder leiding van haar broer en mentor, die skrywer Fanie Viljoen, probeer sy op die ouderdom van veertig vir die eerste keer haar hand aan die skryfkuns. Haar eerste kortverhaal, “Evan se pizza”, het in 2015 in Vrouekeur verskyn, en kort daarna is Die meisie op die dak deur LAPA Uitgewers vir publikasie aanvaar. Wanneer sy deesdae nie lees nie, skryf sy. Sy geniet dit ook om haar hande vuil te maak en saam met haar man aan hul huis te help restoureer of in die tuin te werk.

Facebook: Cecilia Steyn
Instagram: @ceciliasteyn_skrywer