Description
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 64
OPSOMMING: ’n Skooluitstappie soos min
Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed!
Lea en haar klasmaats is op pad na ’n primaatskuiling toe om vir ’n paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar ’n paar van die seuns het heeltamal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is troeteldiere! Boonop dwing Suna en Mpho vir Lea, Hazel en Nikita om al hulle werk ook te doen en hulle moet ’n kamer deel. Glad nie pret nie.
Dan begin alles skeefloop: iemand het ’n paar van die apies gesteel! En net toe Lea uitpluis wat met hulle gebeur het begin die bos brand …
SKRYWER: Cecilia Steyn is op Welkom in die Vrystaat gebore, die jongste van drie kinders. Sy was nog altyd lief vir skilder en skets en op hoërskool was kuns haar gunsteling-vak. Ná skool het sy in die apteekbedryf gaan werk, en sy en haar man, Johan, het drie seuns. Onder leiding van haar broer en mentor, die skrywer Fanie Viljoen, probeer sy op die ouderdom van veertig vir die eerste keer haar hand aan die skryfkuns. Haar eerste kortverhaal, “Evan se pizza”, het in 2015 in Vrouekeur verskyn, en kort daarna is Die meisie op die dak deur LAPA Uitgewers vir publikasie aanvaar. Wanneer sy deesdae nie lees nie, skryf sy. Sy geniet dit ook om haar hande vuil te maak en saam met haar man aan hul huis te help restoureer of in die tuin te werk.
Facebook: Cecilia Steyn
Instagram: @ceciliasteyn_skrywer