La di da Lulu

R150.00

Lulu droom daarvan om eendag ’n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar rooi tekenboek te skets nie.

Die skool beplan ’n spesiale verjaardagfees. ’n Groot fees met lekker kos, ’n pretpark en speletjies. Daarom vra die skoolhoof vir Lulu om nuwe uniforms vir die trompoppies te ontwerp. Iets asemrowends! Iets la-di-da waarmee hulle by die fees gaan optree.

Maar ongelukkig is daar ’n vreeslike misverstand – en Lulu verbrou haar enigste kans om die uniforms te ontwerp.

Lulu is stomgeslaan. Een van die ander kinders in die skool gaan die klere ontwerp en maak. Maar wie?

SKU: 9780799384291 Categories: , , , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 72

OUDERDOM: 7+

OPSOMMING: Lulu droom daarvan om eendag ’n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar rooi tekenboek te skets nie.

Die skool beplan ’n spesiale verjaardagfees. ’n Groot fees met lekker kos, ’n pretpark en speletjies. Daarom vra die skoolhoof vir Lulu om nuwe uniforms vir die trompoppies te ontwerp. Iets asemrowends! Iets la-di-da waarmee hulle by die fees gaan optree.

Maar ongelukkig is daar ’n vreeslike misverstand – en Lulu verbrou haar enigste kans om die uniforms te ontwerp.

Lulu is stomgeslaan. Een van die ander kinders in die skool gaan die klere ontwerp en maak. Maar wie?

SKRYWER: Trefferboeke soos Slym, Aksieheld Austin-reeks en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen ’n huishoudelike naam gemaak. Fanie het in Welkom grootgeword. Hy het op skool reeds in kuns belanggestel, en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook ’n visuele kunstenaar en kinderboekillustreerder wat al aan verskeie uitstallings deelgeneem het. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie, en hy het al ’n rits ATKV-Woordveertjies ingepalm.

ILLUSTREERDER: Elsbeth Eksteen is ’n voltydse beeldende kunstenaar wat in Pretoria woon. Sy put haar inspirasie uit skoonheid in sy vele vorms – die skoonheid van ’n glimlag, die natuur, die skoonheid van ’n mooi rok, en bowenal, die skoonheid binne elkeen van ons. Sy is ook die illustreerder van al die ander boeke in die Lulu-reeks.