Description
SUBTITEL: ʼn Gelowige reaksie van ʼn ontnugterde nasie
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 184
OPSOMMING: Mense in Suid-Afrika het kookpunt bereik. Arm mense is kwaad, ryk mense is kwaad. Bruin mense is kwaad, swart mense is kwaad en wit mense is kwaad. Christene, Moslems, Hindoes en ateïste is kwaad. Maar ons as gelowiges weet nie of ons mag kwaad word nie. Mag ons hierdie woede-emosies wys
Die werklikheid is, Christene word wel kwaad. Met Kookpunt! help Cas Wepener ons om sinvol kwaad te word, om hierdie woede selfs te vier en daaroor te praat, te preek, te sing of te debatteer. Hy moedig ons aan om op ’n spesifieke manier kwaad te word; om ons woede-emosies wat gewoonlik afgekeur word eerder ten volle te beliggaam. Hy help dié wat kwaad is om sinvol om te gaan met wat hulle beleef, en help dié wat dalk nie kwaad is nie om ander wat wél woedend is, te verstaan en te verduur.
Cas Wepener gesels in hierdie boek oor vrae soos:
- Is dit gesond om ons woede op te krop?
- Hoe moet ’n Christen binne ’n konteks van korrupsie, armoede, misdaad, armoede, uitbuiting en geweld reageer?
- Watter emosies is aanvaarbaar?
- Mag ons kwaad word wanneer ons sien dat mense mishandel of onregverdig behandel word?
- Mag ons om die “regte” redes kwaad word?
- Of behoort ons onmiddellik die ander wang te draai?
INHOUD
Voorwoord – prof Hennie Pieterse
1. Inleiding en agtergrond
2. ʼn Lament vir liminaliteit
3. ʼn Begrafnis vir die sterwensproses en ander insiggewende mites
4. Die liturgie van ʼn staking
5. Rillers uit Rigters: enkele riglyne oor hoe om jou te strip
6. Kookpunt! – om jou woede te beliggaam
Bronnelys
SKRYWER
Ronell Bezuidenhout is ’n predikant van die Fontainebleau Gemeenskapskerk. Sy is ook ’n bekende in kerklike kringe, veral as gasprediker in gemeentes en aanbieder van werkswinkels en wegbreeknaweke. Ronell bied landswyd retreats aan wat veral fokus op die inoefening van ou geloofs- en lewensgewoontes wat besige stadsmense nuut oor hul lewens laat nadink.
Sy het bygedra tot die Leefstylbybel vir vroue en God gee die môrester. Sy was die outeur van Was my lewe maar ’n somervakansie (dagstukkieboek vir tienerdogters).