Description
SUBTITEL: Om hierdie wêreld as God se skepping te sien. ’n Gevaarlike én verbysterende belydenis
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 208
OPSOMMING: Die Bybel en die Christelike geloof besing die werk van God as Skepper uit volle bors met feesviering, aanbidding en danksegging. Die klem op skepping word egter dikwels misbruik om die belange van magtiges te verdedig. Daarom die talle filosofiese en wetenskaplike vraagstukke oor wat “skepping” nou eintlik beteken.
In hierdie boek stel Ernst Conradie voor dat “skepping” ’n manier is om na hierdie wêreld te kyk. Dit is ’n diepgewortelde geloofsoortuiging wat ons help sin maak van die wêreld soos dit nou rondom ons lyk – gegewe dit wat aantreklik en aangrypend is, maar óók die pyn, onreg en ellende wat daar is. Dit bied ’n herbeskrywing van die wêreld as skepping én ’n toeskrywing van hierdie wêreld aan God. Dit bied een interpretasie naas ander wat tegelyk kontra-intuïtief, gevaarlik en verbysterend is.
Op grond van die klem op die hede word dit moontlik om te kyk na die verlede van God se skepping, as gevaarlike herinnering, en die toekoms van daardie skepping, as belofteryke uitdaging.
INHOUD:
Voorwoord
Hoekom dan die vraagteken?
Hoekom skepping steeds saak maak
Die vraag is egter: Wat is die vraag?
Is die wêreld geskep? Hoe weet ons dit?
Hóé het God die wêreld nou eintlik geskep?
Wié het die wêreld geskep?
Wat beteken om te skep in elk geval?
Wát het God geskep? Alles?
Hoekom het God die wêreld geskep?
Om hierdie wêreld te beskryf: ’n Gemeenskaplike uitdaging
Om hierdie wêreld aan God toe te skryf: ’n Christelike uitdaging
Om hierdie wêreld in die hede as God se skepping te sien: ’n Radikale uitdaging
Om hierdie wêreld van die begin af as God se skepping te sien: ’n Gevaarlike herinnering
Om hierdie wêreld as God se skepping vir altyd te sien: ’n Belofteryke uitdaging
Om hierdie drie perspektiewe bymekaar te hou …
Bibliografie
SKRYWER: Ernst M Conradie is senior professor by die Departement Godsdiens en Teologie aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy is veral bekend vir sy bydraes in die veld van Christelike ekoteologie.