Description
FORMAAT: Hardeband Boek
AANTAL BLADSYE: 128
OPSOMMING: Die Kom Speel & Leer Bybel help kinders om “in die Bybelverhaal te klim” saam met twee karakters, Sammy en Amy, asof hulle saam met die karakters die Bybelverhaal beleef. Op hierdie verbeeldingryke manier sal kinders ontdek hoe relevant die Bybel vandág nog is, hoe betekenisvol geloof is en hoe wonderlik dit is om ‘n kind van God te wees.
Hierdie Kinderbybel bevat 30 pragtig geïllustreerde Bybelverhale wat kinders help om die Bybel verstandelik en emosioneel te beleef. Elke verhaal bestaan uit vier bladsye en bevat addisionele leiding om ouers en versorgers te help om die Bybel op ‘n interaktiewe manier met kinders te lees.
Elke verhaal bevat die volgende afdelings:
• ‘n Pragtig geïllustreerde Bybelverhaal en teksverwysing;
• Soek en leer: Help Sammy en Amy om die versteekte Bybel in die storie te vind.
• Onthou die Bybelverhaal: Leiding vir ouers en versorgers om met kinders in gesprek te tree;
• Gebed om saam te bid; en
• Aktiwiteit: Die praktiese toepassing van die geloofsbeginsel deur verskeie aktiwiteite.
Ook beskikbaar in Engels.
SKRYWER: Ewald van Rensburg
ILLUSTREERDER: Magriet Brink