Description
SUBTITEL: Vir 2-5-jariges
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 48
OPSOMMING: Kleuterkerk 1 Doen-boek is die ideale “kategese”-hulpmiddel vir gemeentes wat kleuterkerk-byeenkomste hou. Dit is ook ʼn uitstekende boek vir ouers wat “huiskerk” met hulle voorskoolse kinders wil hou.
Hierdie aktiwiteitsboek lê die inhoud van elke aanbieding by die kinders vas met ‘n Bybelvers, ʼn kort boodskap en ‘n gebed. By die boodskap is daar ook ʼn prentjie wat die kinders kan inkleur of ʼn aktiwiteit om te doen.
Kleuterkerk 1 Doen-boek is ideaal om jong kinders te leer Jesus is baie lief vir hulle.
Voorbeeld van Kleuterkerk 1 – Doen-boek
INHOUD
‘n Woord vooraf
- Jesus maak ons vissers van mense
- Stop … en luister
- Jesus is Koning
- Oefen hard en wen die prys
- Die beste Dokter ooit
- Volg vir Jesus
- God se goue reëls
- Kyk op en glo
- ʼn Nuwe belofte
- Die grootste geskenk
- Jesus se kind
- Lief vir almal
- Die Gees gee lewe
- Ek sal gaanJy is deel van Jesus se familie
- Jesus is die grootste en sterkste
- Jesus is die brood wat lewe gee
- Ek luister
- Ek weet vir seker
- Gaan vertel!
SKRYWERS
Marié Loubser is ‘n graad 1-opvoeder wat elke dag ‘n godsdiensperiode saam met haar kinders geniet.
Elma Visagie is ‘n gekwalifiseerde jeugwerker met jare lange ervaring en kinders van haar eie.