Description
SUBTITEL: Vir 2-5-jariges
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 96
OPSOMMING: Kleuterkerk 1 is ʼn uitstekende hulpmiddel vir enige gemeente se kinderbediening.
Die 20 aanbiedings in hierdie boek bevat alles wat jy nodig het om jong kinders van 2-5 te laat ervaar dat Jesus baie lief is vir hulle, om hulle meer van die Here Jesus te leer en om hulle te lei om ʼn persoonlike verhouding met die Here te bou.
Voorbeeld van Kleuterkerk 1 – Aanbiedersgids
Elke aanbieding bestaan uit die volgende elemente om jou te help om die kinders se ervaring positief en verrykend te maak:
- Geselstyd
- Singtyd
- Bybeltyd
- Doentyd
- Bidtyd
Die eenvoudige aktiwiteite in hierdie boek help om die boodskap van elke aanbieding by die kinders vas te lê.
INHOUD
‘n Woord vooraf
-
- Jesus maak ons vissers van mense
- Stop … en luister
- Jesus is Koning
- Oefen hard en wen die prys
- Die beste Dokter ooit
- Volg vir Jesus
- God se goue reëls
- Kyk op en glo
- ʼn Nuwe belofte
- Die grootste geskenk
- Jesus se kind
- Lief vir almal
- Die Gees gee lewe
- Ek sal gaan
- Jy is deel van Jesus se familie
- Jesus is die grootste en sterkste
- Jesus is die brood wat lewe gee
- Ek luister
- Ek weet vir seker
- Gaan vertel!
SKRYWERS
Marié Loubser is ‘ngraad 1-opvoeder wat elke dag ʼn godsdiensperiode saam met haar kinders geniet.
Elma Visagie is ‘n gekwalifiseerde jeugwerker met jare lange ervaring en kinders van haar eie.