Description
SUBTITEL: Geloofsgedagtes – Lisel Joubert. Handgetekende gebedsprente – Nico Simpson
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 96 elk
OPSOMMING:
- Kleurmeditasies vir Lydenstyd en Pase
- Kleurmeditasies vir Pinkster
- Kleurmeditasies vir Koninkrykstyd
- Kleurmeditasies vir Kerstyd
SKRYWER: Lisel Joubert is ’n teoloog en vryskutpredikant in die NG Kerk. Sy het ’n doktorsgraad in Ou Testament verwerf. Haar passie is om mense te leer hoe om die Bybel beter te verstaan en om hulle bekend te stel aan die ryk geskiedenis van die Christelike tradisie. Sy is betrokke by teologiese afstandsonderrig, veral in die dissipline van Kerkgeskiedenis. Lisel woon in Gansbaai saam met haar man en twee kinders.
ILLUSTREERDER: Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.