Kleurmeditasies vir Lydenstyd en Pase

R50.00

ʼn Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God.

Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy hierdie seisoen in die kerkjaar ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring. Dit is gevul met kleur- en woordmomente van stop en bepeins.

Die woordmomente fokus op Lydenstyd en Pase. Die kleurmomente se sirkelpatrone nooi heling en groei in jou lewe in. Met hierdie kleurmeditasies oordink, bepeins en bid jy in volkleur. Die geloofsgedagtes herinner jou aan God, die bron van alle goedheid, wat mens geword en onder ons kom tent opslaan het.

Die inkleursirkels nooi jou om te rus, om bewus te raak van gedagtes en emosies wat na bo kom en om dit te oordink.

SKU: 9780864878236 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Geloofsgedagtes – Lisel Joubert. Handgetekende gebedsprente – Nico Simpson.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 96

OPSOMMING: ʼn Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God.

Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy hierdie seisoen in die kerkjaar ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring. Dit is gevul met kleur- en woordmomente van stop en bepeins.

Die woordmomente fokus op Lydenstyd en Pase. Die kleurmomente se sirkelpatrone nooi heling en groei in jou lewe in. Met hierdie kleurmeditasies oordink, bepeins en bid jy in volkleur. Die geloofsgedagtes herinner jou aan God, die bron van alle goedheid, wat mens geword en onder ons kom tent opslaan het.

Die inkleursirkels nooi jou om te rus, om bewus te raak van gedagtes en emosies wat na bo kom en om dit te oordink.

Ander boeke:

SKRYWER: Lisel Joubert is ’n teoloog en vryskut­predikant in die NG Kerk. Sy het ’n doktors­­graad in Ou Testament verwerf. Haar pas­sie is om mense te leer hoe om die Bybel beter te verstaan en om hulle bekend te stel aan die ryk geskiedenis van die Christelike tradi­sie. Sy is betrok­ke by teologiese af­stands­on­der­rig, veral in die dissi­pline van Kerkgeskiedenis. Lisel woon in Gansbaai saam met haar man en twee kinders.

ILLUSTREERDER: Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.