Kleurmeditasies vir Koninkrykstyd

R50.00

ʼn Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God.

Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy Koninkrykstyd ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou ook met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring.

Die geloofsgedagtes in hierdie boek fokus op die seisoen in die kerkjaar wat as Koninkrykstyd bekendstaan. Dit is die tyd waarin die kerk dink oor die betekenis van Jesus Christus se verhaal en dit op verskillende maniere uitleef. Dit is die tyd van die jaar tussen Pinkster en Advent, maar eintlik vier ons en dink ons oor die implikasies van Jesus wat mens geword, gesterf, opgestaan en opgevaar het, en wat sy Gees na ons gestuur het.

Die fokus in Koninkrykstyd val ook op ons as die gemeenskap van die heiliges en hoe ons teenoor mekaar en ander leef. Temas wat in hierdie boek aangeraak word, sluit daarom in vriendskap, alledaagsheid, tyd, kerkwees, barmhartigheid, ontferming, geregtigheid, gasvryheid, roeping, sakramente, hoe ons praat en hoe ons feesvier.

Die woorde en kleure nooi jou om tyd deur te bring by die Gees van Jesus wat in jou hart getuig, wat jou leer dans en feesvier, wat jou laat sing en uitbundig lag. Die Gees herinner jou immers dat jy die lewe in oorvloed ontvang het.

Die inkleursirkels nooi jou om te rus, om bewus te raak van jou gedagtes oor die geloofsgedagtes, om enige emosies wat na bo kom te ervaar, en om te bid.

SKU: 9780864878458 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Geloofsgedagtes – Lisel Joubert. Handgetekende gebedsprente – Nico Simpson.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 96

OPSOMMING: ʼn Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God.

Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy Koninkrykstyd ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou ook met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring.

Die geloofsgedagtes in hierdie boek fokus op die seisoen in die kerkjaar wat as Koninkrykstyd bekendstaan. Dit is die tyd waarin die kerk dink oor die betekenis van Jesus Christus se verhaal en dit op verskillende maniere uitleef. Dit is die tyd van die jaar tussen Pinkster en Advent, maar eintlik vier ons en dink ons oor die implikasies van Jesus wat mens geword, gesterf, opgestaan en opgevaar het, en wat sy Gees na ons gestuur het.

Die fokus in Koninkrykstyd val ook op ons as die gemeenskap van die heiliges en hoe ons teenoor mekaar en ander leef. Temas wat in hierdie boek aangeraak word, sluit daarom in vriendskap, alledaagsheid, tyd, kerkwees, barmhartigheid, ontferming, geregtigheid, gasvryheid, roeping, sakramente, hoe ons praat en hoe ons feesvier.

Die woorde en kleure nooi jou om tyd deur te bring by die Gees van Jesus wat in jou hart getuig, wat jou leer dans en feesvier, wat jou laat sing en uitbundig lag. Die Gees herinner jou immers dat jy die lewe in oorvloed ontvang het.

Die inkleursirkels nooi jou om te rus, om bewus te raak van jou gedagtes oor die geloofsgedagtes, om enige emosies wat na bo kom te ervaar, en om te bid.

Ander boeke:

SKRYWER: Lisel Joubert is ’n teoloog en vryskut­predikant in die NG Kerk. Sy het ’n doktors­­graad in Ou Testament verwerf. Haar pas­sie is om mense te leer hoe om die Bybel beter te verstaan en om hulle bekend te stel aan die ryk geskiedenis van die Christelike tradi­sie. Sy is betrok­ke by teologiese af­stands­on­der­rig, veral in die dissi­pline van Kerkgeskiedenis. Lisel woon in Gansbaai saam met haar man en twee kinders.

ILLUSTREERDER: Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.