Kinderpret, Kleuterpret + Snapkaarte Pakket

R250.00

Kinderprodukte ontwikkel in samewerking met Anthonie Bougas van Kleuterzone, ʼn KykNet-produksie

Die pakket bestaan uit:

Kinderpret – Speelleer-aktiwiteitsboek oor die Ou Testament +

Kinderpret – Speelleer-aktiwiteitsboek oor die Nuwe Testament +

Kleuterpret – My Bybelmense-inkleurboek  en Kleuterpret – Snap-kaarte

 

Out of stock

SKU: Kinder-/Kleuterpretpakket 1 Categories: , , , , ,

Description

FORMAAT: 3 Boeke + Snapkaarte

Kleuterpret – My Bybelmense-inkleurboek – My Bybelmense-inkleurboek is ʼn prettige manier om kleuters en kinders aan 49 belangrike mense in die Bybel bekend te stel. Sonder dat hulle dit besef, leer ken hulle die name en identiteit van Bybelmense wat ʼn belangrike rol in die Christelike geloof speel. Hierdie inkleurboek bevat 48 inkleurprente van Bybelmense en een van Jesus. By elke prent verskyn die betrokke Bybelmens se naam, ʼn kort beskrywing van hom of haar en ʼn gepaste Bybelgedeelte. Dan stel die mense hulleself aan die kinders bekend deur meer oor hulle lewe te vertel. Hierdie inkleurboek kan as ʼn interaktiewe Kinderbybel of (vir ouer kinders) as ʼn selfleesboek gebruik word.

Kinderpret – Speelleer-aktiwiteitsboek oor die Ou Testament  – Hierdie speelleer-aktiwiteitsboek bevat 50 selfdoen-aktiwiteite oor belangrike tekste in die Ou Testament van die Bybel. Deur hierdie aktiwiteite ontdek kinders op ʼn prettige manier die 50 belangrikste verhale in die Ou Testament. Die aktiwiteite sluit in ontdek-die-verskille, inkleurprente, vind-die-paadjie en kleur-volgens-die-nommers-in. Speel-speel leer ken kleuters en kinders baie van die verhale wat deel van ons geloof vorm.

Kinderpret – Speelleer-aktiwiteitsboek oor die Nuwe Testament – Hierdie speelleer-aktiwiteitsboek bevat 50 selfdoen-aktiwiteite oor belangrike tekste in die Nuwe Testament van die Bybel. Deur hierdie aktiwiteite ontdek kinders op ʼn prettige manier die 50 belangrikste verhale in die Nuwe Testament. Die aktiwiteite sluit in ontdek-die-verskille, inkleurprente, vind-die-paadjie en kleur-volgens-die-nommers-in. Speel-speel leer ken kleuters en kinders baie van die verhale.

Kleuterpret Snap-kaarte is ʼn prettige manier om deur spel vir kleuters en kinders aan 49 belangrike mense in die Bybel bekend te spel. Speel-speel leer ken hulle die mense wat ʼn belangrike rol in ons geloof speel. Die pak kaarte bestaan uit 48 Bybelmense en Jesus. Die kaarte is spesiaal gemaak om snap daarmee te kan speel. Hulle is van 0 tot 12 genommer. Die spelreëls en ʼn kaart met die Ons Vader en ons Geloofsbelydenis is by die pak kaarte ingesluit.