Description
SUBTITEL: Die beproefde formule om lewenslange geloof te bou: Die beproefde formule om lewenslange geloof te bou.
FORMAAT: Boek
BLADSYE: 192
OPSOMMING: Blywende, lewenslange geloof word selde deur kerkprogramme aangeleer, maar eerder “aangesteek” deur ’n leefstyl van geloof wat by die huis uitgeleef word. Maar hoe kan jou gemeente huise toerus om (weer) die belangrikste plek te word waar geloof gevoed word? Deur ’n HuisGeloof-gemeente te word. Mark Holmen se boek Kerk + Huis bevat alles wat jy nodig het om ’n HuisGeloof-fokus in die DNS van jou geloofsgemeenskap in te weef. Kerk + Huis bou voort op die bedieningskonsepte wat Holmen deur die vinnig groeiende, internasionale HuisGeloof-beweging verfyn het. Jy sal ontdek hoe om jou gemeentelede se huise as die belangrikste geboorteplek van geloof te hervestig deur ’n lewenskragtige, doeltreffende HuisGeloof-bediening in jou gemeente te vestig, ongeag hoe groot of klein dit is.
In hierdie boek sal jy ook praktiese hulpmiddels vind om brûe te bou tussen jou gemeente se programme en die gemeentelede se huise. Jy sal die getuienisse lees van leraars, studenteleraars en gesinsbedieningsleraars wie se geloofsgemeenskappe ’n ewigdurende verskil maak in families se lewe. Jou gemeente kan geloof terugplaas waar dit hoort … Kerk + Huis wys jou hoe.
INHOUD
Voorwoord deur Alex Clark, NG Kerk Elarduspark, Suid-Afrika
Voorwoord deur George Barna, VSA
Erkennings
Inleiding: Wat beteken dit as jy Kerk + Huis sê?
Hoofstuk 1. Wat is ons besig om te bereik?
Hoofstuk 2. Gee ons om?
Hoofstuk 3. Wat moet ons daaraan doen?
Hoofstuk 4. Wat is die sleutels tot ’n HuisGeloof-gerigte gemeente?
Hoofstuk 5. Watter lokvalle moet ons vermy, en watter moet ons oorwin?
Hoofstuk 6. Hoe verbind ons die kolletjies en hou aan stap op die pad vorentoe?
Bylae 1: Profiel van die bedieningsleraar
Bylae 2: Posbeskrywing van die leraar vir die kinder-, jeug- en gesinsbediening
Bylae 3: ’n Leierskapspitsberaad vir HuisGeloof
Bylae 4: Vrae wat gereeld gevra word
SKRYWER
Mark Holmen is ’n nasionale en internasionale konsultant en spreker van die HuisGeloof-beweging. Hy rus gemeentes toe om die huis die belangrikste plek te maak waar geloof gevoed word. Mark was tot in 2009 die senior leraar van die Ventura Missionary Church, maar staan sedertdien voltyds in diens van die HuisGeloof-bediening. Mark en sy vrou, Maria, is al langer as 18 jaar getroud en het ’n dogter, Malyn.