Description
SUBTITEL: God se 10 geheime om mense in UITstaan-mense te verander
FORMAAT: Boek
BLADSYE: 157
OPSOMMING: Families is die hoeksteen van ’n gesonde samelewing. As families verbrokkel, verkrummel die samelewing ook.
Hierdie boek is ’n poging om families te help om ’n gesonde familielewe te geniet, maar dit wil ook die individue ín die families help om hulle lewe reg en goed te leef. In die boek kyk Ewald van Rensburg na die tien gebooie, maar vanuit ’n heel ander hoek as gewoonlik.
Hy vra: Wat wil elke gebod prakties vir vandag se gelowige families vandag sê sodat ons (weer) God se spesiale UITstaan-mense in die samelewing kan wees? Want die tien gebooie is inderdaad God se beste geopenbaarde geheime vir die lewe, én die familielewe.
Die boek bevat nadink-oomblikke vir ma’s en pa’s en ook aktiwiteite wat die familie saam kan doen om weer God se waardes in die familie te vestig.
INHOUD
- Voorwoord
- ’n UITstaan-familie
- UITstaan-mense maak UITstaan-families God!
- Eerste gebod: Jy mag naas My geen ander gode hê nie Ene ore vir God se Woord
- Tweede gebod: Jy mag nie vir jou ’n beeld van My maak nie Naamdraers van God let op hulle woorde
- Derde gebod: Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie. Skep asem, en help ander om dit ook te doen
- Vierde gebod: Jy moet die sabbatdag heilig hou Families maak of breek jou
- Vyfde gebod: Eer jou pa en jou ma Die lewe is te kort vir die-duiwel-in-wees
- Sesde gebod: Jy mag nie moord pleeg nie Vertrou en vertroetel mekaar
- Sewende gebod: Jy mag nie egbreuk pleeg nie Tyd laat jou as mens groei
- Agste gebod: Jy mag nie steel nie Families is mense van die waarheid
- Negende gebod: Jy mag nie vals getuienis gee nie Jy is spesiaal; ek is spesiaal!
- Tiende gebod: Jy mag nie begeer nie. Jy het klaar die kaartjie, leef nou ’n UITstaan-lewe!
- Alles wat julle nodig het, het julle van God ontvang
SKRYWER
Ewald van Rensburg spesialiseer in jeug- en familiebediening. Hy is predikant van die NG Gemeente Hottentots-Hollands op Somerset-Wes en het al heelwat boeke geskryf én pryse daarvoor ontvang. Hy is getroud met Beatrix en hulle het twee kinders, Ewald en Liani.