Description
SUBTITEL: Die Bybel oor liggaamlikheid, seks, en die huwelik in nuwe tye
FORMAAT: Elektroniese boek in die ePub-formaat.
BLADSYE: 112 in die geval van die sagteband
OPSOMMING: Die rebelse gees van die laat sestigerjare het aanleiding gegee na vrae oor die instelling van die huwelik. Wie het gesê ons moet trou om mekaar lief te hê? Die vraag het ’n domino-effek gehad – jongmense, respektabeles, geskeides, gepensioeneerdes en opportuniste het saambly ’n algemene ding gemaak.
Dit lyk of die kerk dit nie raakgesien het nie. Of nie wou raaksien nie.
Nou het dit weer ’n aktuele saak geword. Uiteindelik weet die kerk nou daarvan. En het selfs besluit om daaroor te praat. Dit is waarom hierdie publikasie so belangrik is.
’n Klompie kundiges gee hulle siening oor waardegedrewe verhoudings. Saam daarmee is dit vir hulle belangrik om nie net óór saambly te praat nie, maar ook mét saamblyers. Hulle insette is onontbeerlik en daarom is ’n klompie saamblyverhale ingevoeg. Daar is ook stemme vanuit ons post-moderne samelewing wat gehelp het om die tekens van die tyd beter te lees.
Kan ons nie maar net saambly nie? is ’n byderwetse publikasie wat gemik is op die 20-plussers. Hierdie publikasie wil jongmense begelei tot groter emosionele en geloofsvolwassenheid sodat hulle met sekere teologies-etiese waardes verant-woordelike besluite kan neem – wat seksualiteit in sy totaliteit eerbiedig.
INHOUD
Voorwoord Anton Pienaar
Inleiding Chris Jones
1 Saambly – moet ons vandag anders dink? Chris Jones
2 “Die situasie is hopeloos, maar nie ernstig nie”: Die geskiedenis en toekoms van die huwelik Christina Landman
3 ‘n Slavin as plaasvervanger, of eerder 700 vroue en 300 byvroue? – Louis Jonker
4 “Die huwelik is belangrik, maar moenie trou nie. Hoe nou?” – Jeremy Punt
5 Gevare wat die huwelik bedreig – Julia Claassens
6 Heers die waardes van die huwelik ook in saambly? – Adrio König
7 (Postmoderne) redes vir saambly: Ek, hier, nou – Antoon de Klerk
8 En as dit nie uitwerk nie? – Gerda de Villiers
9 Saambly-verhale
10 Waarheen nou?
UITGEWER: Bybel-Media
SKRYWER
Chris Jones (red) is voltyds betrokke by Ekklesia se Kantoor vir Moraliteit en Morele Leierskap aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy beywer hom vir die herstel van morele waardes in en deur gemeentes en gemeenskappe. Hy is ’n ervare skrywer en sy jongste publikasie by Bybel-Media is God se waardes vir die lewe. Chris is ’n gereelde rubriekskrywer vir die gesinstydskrif LIG. Hy is getroud met Kobie en woon saam met hulle twee seuns in Stellenbsoch.