Description
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 176
OPSOMMING: Verse vir tieners deur tieners
In hierdie unieke boek is versies opgeneem wat deur hoërskoolleerders geskryf is. Marita van der Vyver, bekroonde skrywer van Al wat ek weet, het die leerders begelei tydens die skryfproses.
’n Voorbeeldversie:
Is jy regtig lief vir my?
Want jy’t nog tyd om rond te gly
Is jy regtig lief vir my?
Want jy laat my keer op keer seerkry
Is jy regtig lief vir my?
Just let me know and I’ll let you stay
SKRYWER: Benewens haar gewilde boeke vir volwasse lesers is Marita van der Vyver ook ’n bekroonde kinderboekskrywer. Haar jeugroman, Al wat ek weet, het die kykNET-Rapport Boekprys in die filmkategorie gewen en was ’n finalis vir die South African Literary Awards (SALA) se eerste uitreiking van ’n kinderboekprys. Marita woon op die Franse platteland saam met haar man, Alain. Hulle het drie volwasse seuns en ’n dogter.