Jy is kosbaar

R190.00

Die mens is geskep om in verhoudings te leef. Maar soveel mense voel ongeliefd en onseker van hulleself as gevolg van skaamte oor hulle verlede.  Hulle is bang om hulle ware self te wys omdat hulle glo mense sal hulle dalk verstoot. Hoe kan hulle vol selfvertroue en vry van skaamte leef? Jy is kosbaar is ’n ses-week-Bybelstudie wat lesers help om juis dit te doen. Laura Dingman lei lesers om hulle ware identiteit in Christus te ontsluit, bo hulle beperkings uit te styg en vol selfvertroue in God op te staan sodat hulle eerlik met God en ander mense kan omgaan. Elke week begin met ’n inleiding, gevolg deur vyf studies wat meer uitbrei oor die week se tema. Dit is gegrondves in die Woord met genoeg ruimte vir persoonlike notas. Jy is kosbaar lei lesers op ’n persoonlike reis van transformasie deur God se Woord.

SKU: 9781431618057 Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 188

OPSOMMING: Die mens is geskep om in verhoudings te leef. Maar soveel mense voel ongeliefd en onseker van hulleself as gevolg van skaamte oor hulle verlede.  Hulle is bang om hulle ware self te wys omdat hulle glo mense sal hulle dalk verstoot. Hoe kan hulle vol selfvertroue en vry van skaamte leef? Jy is kosbaar is ’n ses-week-Bybelstudie wat lesers help om juis dit te doen. Laura Dingman lei lesers om hulle ware identiteit in Christus te ontsluit, bo hulle beperkings uit te styg en vol selfvertroue in God op te staan sodat hulle eerlik met God en ander mense kan omgaan. Elke week begin met ’n inleiding, gevolg deur vyf studies wat meer uitbrei oor die week se tema. Dit is gegrondves in die Woord met genoeg ruimte vir persoonlike notas. Jy is kosbaar lei lesers op ’n persoonlike reis van transformasie deur God se Woord.

SKRYWER
Laura Dingman lei aanbiddingsgeleenthede om mense te help om nader aan God te kom. Sy het vir meer as ’n dekade leiding geneem as die direkteur van kuns by The Creek (’n groot kerkgroep in Indianapolis) se vakansiebedienings. Sy is mal daaroor om mense te help sien waar hulle storie en God se storie bymekaarkom. Sy hou van musiek, om uit haar maag te lag, goeie boeke te lees en die lewe te geniet saam met haar twee gunsteling mense – haar man, Matt, en hul opgewekte dogter, Abigail. Laura is die outeur van Life Rhythms: Learning to Live in God-Centered Time en I Am Found: Quitting the Game of Hide and Seek with God, Ourselves, and  Others. Lees meer oor Laura op www.lauradingman.com.