Justin Fortuin, Seerower

R175.00

Justin Fortuin kuier nog lekker saam met sy ma by tannie Mary in die geheimsinnige Kasteel Boekanier. Dit is ’n reënerige dag wanneer hy en sy vriend Liam ontdek dat die kasteel nie net twee geheime tonnels het nie, maar drie. Waarheen lei die derde tonnel?

Die seuns besluit om die tonnel te verken en beleef ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime. Hulle kom ook op ’n ou seilskip af wat geanker is in ’n versteekte baai. Wat het dit met die kok Nicolas te doen? Is Nicolas dalk ’n seerower? Wie is Jessie, wat in die agterste kajuit van die skip aangehou word? En wie is die ware erfgenaam van Kaptein Verwoes se skat?

SKU: 9780639603933 Categories: , , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 144

OPSOMMING: Justin Fortuin kuier nog lekker saam met sy ma by tannie Mary in die geheimsinnige Kasteel Boekanier. Dit is ’n reënerige dag wanneer hy en sy vriend Liam ontdek dat die kasteel nie net twee geheime tonnels het nie, maar drie. Waarheen lei die derde tonnel?

Die seuns besluit om die tonnel te verken en beleef ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime. Hulle kom ook op ’n ou seilskip af wat geanker is in ’n versteekte baai. Wat het dit met die kok Nicolas te doen? Is Nicolas dalk ’n seerower? Wie is Jessie, wat in die agterste kajuit van die skip aangehou word? En wie is die ware erfgenaam van Kaptein Verwoes se skat?

SKRYWER: Theresa van Baalen beskou dit ’n wonderlike voorreg om kinderstories te kan skryf, juis omdat dit soveel ruimte bied vir kreatiwiteit. Kinderstories sal altyd haar eerste liefde wees. Haar alter ego, Cheryl Rogers, skryf romanses vir Lapa Uitgewers se Romanza-reeks. Cheryl is Theresa se tweede naam, en Rogers haar nooiensvan, so dit was ’n logies keuse vir ’n alternatiewe skrywersnaam. Solank
sy elke dag kan skryf, hetsy as Theresa of as Cheryl, is sy op haar gelukkigste. Sy woon tans op Hermanus, maar haar hart is, en sal altyd, in Port Nolloth wees.