JPEG – Verskeie jeugpredikante en -werkers

R70.00

Die tweede gesprekgids vir senior jeuggroepe in ’n siklus van 4. Nog ’n opwindende hulpmiddel vir geloofsbou, geloofsontwikkeling of kategese. Die ontmoetings help jongmense om hulle prent van God te voltooi met prente (belewenisse en ervarings) uit die Bybel, uit die geskiedenis en uit hulle eie lewe. Elke ontmoeting stimuleer gesprek en geloofsvorming in die interaksie tussen groepleier en deelnemer.

SKU: 1920089195 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Prente vir die lewe

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 56

OPSOMMING: ‘n Mens se brein is soos ’n groot hardeskyf van ’n rekenaar waarop jy honderde prente of jpeg’s kan stoor. Honderde prente flits elke dag deur jou gedagtes. Dit is soos jpeg’s in jou gedagtes … van mense, dinge, gebeurtenisse, ervarings, skokke, verrassings, verlange en van God.

Met wie deel jy hierdie jpeg’s? Of gaan lê dit iewers in ’n folder wat jy nooit weer oopmaak nie?

Hierdie jaar wil ons vir jou die kans gee om die jpeg’s van jou lewe te rangskik en daaroor te dink. Watter jpeg’s sou jy graag wou vergroot? Na watter sou jy langer wou kyk, daaroor dink, miskien daaraan edit? Watter sou jy wou delete sodat jy meer plek op jou hardeskyf kan hê?

In die eerste ontmoeting praat ons oor blogging. Hierdie gesprekgids kan vanjaar jou persoonlike blog word. Maar ’n blog moet jpeg’s hê om dit interessant te maak. Jy gaan vanjaar die kans kry om jou jpeg’s hier in te sit sodat jy daardeur jou ontdekkings, insig, groei, vrae en pret kan uitbeeld.

Almal in julle groep verskil van mekaar, en julle jpeg’s sal verskil.

Maar onthou altyd, jou jpeg’s en jou bydrae beteken net soveel en word net so baie waardeer soos die ander s’n.

En nog iets om te onthou: Die Here wil deel wees van die jpeg van jou lewe. Hy wil graag iewers in jou prentjie wees, want Hy wil vir jou die lewe saam met jou vriende die moeite werd maak.

INHOUD

1. My blog-profiel
Ons kry ons prente reg vir die jaar

2. Die volle prentjie
Geloof in ‘n neutedop

3. Bokse en balle
Ontvang genade met leë hande

4. Christus kies my vir aksie
Die uitverkiesing inspireer

5. Wie is Jesus vir jou?
Jesus God én mens!

6. Help my glo
Leiding vir mense wat twyfel

7. Gekoop, gewas en gedoop
Ek is bly ek is gedoop

8. Hoekom gely en gesterf?
Wat beteken Jesus se lyding en dood vandag vir my?

9. Die klokke sing
Jesus se opstanding bring lewe vir my

10. My ervaring is real
Jesus was hier, en Hy kom terug

11. Wys jou ware “klere”
Sien mense jy is ’n Christen?

12. My voetspoor
Ek is verantwoordelik vir die aarde

13. Uit die oog, in die hart
Jesus se hemelvaart

14. Bly online
Veilige ruimtes waar geloof groei

15. Die “ander” jy
Groei na die “jy” soos God sê jy is

16. Die missing link
Kies om ’n impak te maak

17. Beleef God …
… saam met mekaar in heilige plekke

18. Jesus is my Koning
Leef met God se koninkryksdroom

19. Wat het ek met die kerk te doen?
God se doel met die kerk

20. Waarom kerk toe gaan?
Christus het vir ons die kerk gegee

21. Verskillende ledemate werk saam
Die gawes van die Gees

22. My kleiner voetspoor
Ek wil groener leef

23. Regtig gelukkig

Om sinvol te leef en te sterf

24. Familie van ’n VIP
Kersfees maak ons familie van Jesus

SKRYWERS

Verskeie jeugpredikante en werkers.