Description
SUBTITEL: ʼn Groot storie. God en ʼn onwillige profeet. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe
FORMAAT: Boek
AANTAL BALDSYE: 40
OPSOMMING: Jona is ʼn baie kort storie. Ons ken dié storie. Almal weet van die groot vis, maar nie almal weet van die diere wat rouklere aangetrek het nie. Maar wat sê die storie van Jona vir ons oor God?
God is die God van die hemel wat die see en die vasteland gemaak het, wat die groot storm laat ophou, wat die groot vis stuur, wat afsien van die ramp wat Hy oor die groot stad Nineve wou stuur, wat oornag ʼn plantjie laat opkom, wat vir die diere omgee.
Die boek Jona vertel vir ons van die genadige en barmhartige, lankmoedige en liefdevolle God wat omgee vir die mense van Nineve, al is hulle geweldenaars. Die God wat omgee vir Jona, al is hy onwillig om te doen wat God wil hê. Die God wat omgee … vir ons.
INHOUD
- Oor my dooie liggaam! (Jona 1:1-16)
- ’n Ek-psalm (Jona 1:17 – 2:10)
- Een sin, legio moontlikhede (Jona 3:1-10)
- Die Here doen wat Hy wil (Jona 4:1-11)
SKRYWERS
Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek.
Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.
BOEKBESONDERHEDE
Aantal bladsye: 40
Kategorie: Bybelstudie/Kleingroepe
ISBN:
Verkoopprys: R50