Description
SUBTITEL: Jesus-volgeling vorm deel van die reeks Tema-kategese en is saamgestel uit die Real lewe-reeks.
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 46
OPSOMMING: Die Tema-kategesereeks is spesiaal ontwerp vir jongmense
- om aan hulle geloof diepte te gee sodat dit hulle lewe stewig kan anker.
- om aan hulle die hulpmiddels te gee wat hulle sal help om die uitdagings van die lewe suksesvol aan te pak.
- om hulle te help om in hulle verhouding met die Here met ʼn roeping en ʼn droom te leef.
Die 10 temas is ideaal om in kategese, omgeegroepe vir jongmense of by jeugkampe te gebruik. Dit is ʼn wonderlike hulpmiddel vir mense wat in kwartaal-reekse of seisoen-siklussse met jongmense wil werk.
Die app
Jesus-volgeling – Geroep, gered, gestuur (Leiersgids) gaan saam met ‘n app. Die app sal voor Januarie opgedateer word om hulpmiddels vir Jesus-volgeling – Geroep, gered, gestuur (Leiersgids) in te sluit. Besoek gerus reallewe.bybelmedia.org.za om die app af te laai. Daar is videogrepe, klanksnitte, foto’s en ander hulpmiddels op die app beskikbaar om die jongmense in hulle geloofsgeloofsgroei te ondersteun.
INHOUD
- Deel van die span
- God agter die skerms
- What moves you?
- Onder die invloed
- Ware vryheid!
- Deel van die groep
- Ander oë
- Praters en volgelinge
- Dwing of dring?
- What a mission!
SKRYWERS
Die inhoud is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk vir die geloofsvorming van graad 7- en hoërskoolleerders.