Description
FORMAAT: Boekie
AANTAL BLADSYE: 31
OPSOMMING: Uit Jesus se interaksie met mense leer ons meer oor respekteer, luister, omarm en liefhê. Ons het altesaam agt Jesus-verhale oor hierdie vier waardes gekies, twee oor elke waarde. Die negende verhaal is die oorkoepelende Jesus-verhaal van menswaardigheid – Jesus was sy dissipels se voete. Saam inspireer hierdie nege verhale ons om Jesus se voorbeeld in ons lewe na te volg en almal met menswaardigheid te behandel.
INHOUD
Inleiding
Respekteer
- Lukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand
- Markus 7:24-30 – Jesus en die Siro-Fenisiese vrou en haar dogter
Luister
- Markus 9:14-29 – Jesus en die doofstom seun
- Markus 5:21-43 – Jesus en die dogtertjie van Jaïrus
Liefhê
- Lukas 7:36-50 – Jesus en die vrou wat sy voete met reukolie gesalf het
- Johannes 21:15-19 – Jesus gee opnuut vir Petrus sy opdrag
Omarm
- Matteus 8:1-4 – Jesus en die melaatse man
- Matteus 9:18-26 – Jesus en die vrou wat aan bloedvloeiing gely het
Menswaardigheid
- Johannes 13:1-20 – Jesus was sy dissipels se voete
SKRYWER
Chris van Wyk is ʼn leraar by die NG gemeente Somerstrand, Port Elizabeth. Sy passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei.