Description
SUBTITEL: Hoe om te lei in ’n veranderende wêreld
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 208
OPSOMMING: Dit is nie maklik om vandag ’n geestelike leier te wees nie. Selfs voor die uitbreek van die koronapandemie het geestelike instansies ’n onvoorspelbare en onstuimige toekoms in die oë gestaar.
Roedolf Botha, leraar en besigheidskonsultant probeer die tye waarin ons leef en wat dit vir kerke beteken navigeer aan die hand van die Markusevangelie, met klem op die volgende kwessies:
- Hoe lei ons ’n organisasie of gemeente, getrou aan die missie wat God aan ons toevertrou het, binnein ’n wêreld wat radikaal besig is om te verander?
- Wat is die geestelike ingesteldhede, wyse aksies en toerusting wat die evangelie self vir ons voorsien vir hierdie navigering in onverkende waters?
- Watter innerlike transformasie vra die proses van ons as leiers?
Hierdie boek is in toeganklike taal geskryf met praktiese voorbeelde en sal jou help om die duistere waters van ons deurmekaar tye die hoof te bied.
SKRYWER: Roedolf Botha het ‘n Ph.D van die Universiteit van Nijmegen. Tans is hy gemeenteleier by Oosterlig Gemeente in Pretoria en spandeer een dag per week aan besigheidskonsultasie. Sy belangstellings is kerkplanting, leierskap, asook life coaching. Hy is betrokke by ekerk. Roedolf is getroud met Marié en het twee kinders, Ruben en Jessica.