Jesaja 1 – 12

R120.00

Jesaja was tussen 742 en 701 vC ʼn profeet in Juda en Jerusalem. Eeue later lees en interpreteer gelowiges steeds sy woorde.

Jesaja het die Here se wil bekendgemaak in ʼn wêreld waarin konings hulle aan mag vergryp het. Nie net die konings van die piepklein Juda nie, maar ook die magtige Assiriese Ryk en Babiloniese Ryk het hulle hieraan skuldig gemaak.

Dit hou egter nie stand nie. Sulke konings en ryke kom uiteindelik tot ʼn val. Jesaja vertel ons egter ook van die handjievol gelowiges wat, ongeag die omstandighede, op die Here bly vertrou en nie mense vertrap en verslind het nie.

SKU: 9780864879028 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Net ʼn handjievol. Vier eeue saam met Jesaja. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe

FORMAAT: Boek

AANTAL BALDSYE: 114

OPSOMMING: Jesaja was tussen 742 en 701 vC ʼn profeet in Juda en Jerusalem. Eeue later lees en interpreteer gelowiges steeds sy woorde.

Jesaja het die Here se wil bekendgemaak in ʼn wêreld waarin konings hulle aan mag vergryp het. Nie net die konings van die piepklein Juda nie, maar ook die magtige Assiriese Ryk en Babiloniese Ryk het hulle hieraan skuldig gemaak.

Dit hou egter nie stand nie. Sulke konings en ryke kom uiteindelik tot ʼn val. Jesaja vertel ons egter ook van die handjievol gelowiges wat, ongeag die omstandighede, op die Here bly vertrou en nie mense vertrap en verslind het nie.

Jesaja 1 – 12 Net ʼn handjievol is bedoel om jou opnuut by die teks van die Bybel uit te bring, om jou te laat deel in die voortleef van die boodskap van Jesaja. Dit wil jou help om met die teks self besig te raak deur jou aan te moedig om dit met aandag te lees, daaroor na te dink en self voorlopige bete­kenis daarin te ontdek. Deur so met die teks van Jesaja besig te wees, kan jy as leser ontdek hoe die Woord ons vandag nog inspireer.

INHOUD

Agtergrond en inleiding

  1. Die opskrif (Jes 1:1)
  2. Die Here bly genadig (Jes 1:2-31)
  3. In ’n ander liga (Jes 2:1-22)
  4. Verskriklike gevolge (Jes 3:1 – 4:1)
  5. Heil omarm oordeel (Jes 4:2-6)
  6. Uitsoeklote dra suur druiwe (Jes 5:1-30)
  7. Lewe uit ’n stomp (Jes 6:1-13)
  8. Vertrou op die Here (Jes 7:1-25)
  9. Die Here ís teenwoordig (Jes 8:1-22)
  10. Waarvan die Here hou en nie hou nie (Jes 8:23 – 9:20)
  11. Die Here knip magsmisbruik kort (Jes 10:1-34)
  12. Hoe die Here sy banier hys (Jes 11:1-16)
  13. Juig en jubel! (Jes 12:1-6)

SKRYWERS
Fanie Cronjé het die navorsing vir hierdie Bybelstudie gedoen en oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek. Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.