Description
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 40
OPSOMMING: Gebaseer op die Bybelse verhaal van Jeremia se roeping, vertel hierdie pragtige prenteboek die storie van ’n jong Jeremia wat met spraak gesukkel het totdat die Here hom aangeraak en ’n amandeltak as belofte gewys het. Nie net is hierdie storie pragtig en toeganklik geskryf soos net Wendy Maartens kan nie, maar die boek bevat ook inligting en hulpbronne vir ouers en onderwysers om te help met spraakontwikkeling in kleuters. Hierdie bemoedigende verhaal sal alle kinders wys dat hulle spesiaal is vir die Here en dat Hy hulle sal help en gebruik.
SKRYWER: Wendy Maartens het grootgeword op Worcester, waarna sy op George skoolgegaan en gematrikuleer het. Sy woon tans op Melkbosstrand. Wendy is veral bekend vir haar hervertellings waarin sy nuwe lewe in bekende en geliefde verhale blaas en die klassieke stories vir jong lesers toeganklik maak. Sy is die skrywer en samesteller van boeke soos Sprokies en ander gunsteling-stories, Die mooiste dierestories, Eendag op ’n reëndag, Vertel vir my ’n storie, Waarom Kameelperd se nek so lank is en ander dierestories, en Towertapyt.