Jakkals en Wolf

R240.00

Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk – van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid!

Tog het Jakkals soms ook ‘n goeie hart – soos die keer toe een van sy poetse op Wolf skeefloop en hy die arme Wolf vir veertien dae lank met sy kruie moes dokter, en kos en water vir hom aandra. Jakkals is dus eintlik nie so ‘n slegte ou nie, hy wil maar net die vaal en oninteressante lewe opkikker vir homself en diegene om om – altans so sê hy . . .

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 232

OPSOMMING: Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk – van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid!

Tog het Jakkals soms ook ‘n goeie hart – soos die keer toe een van sy poetse op Wolf skeefloop en hy die arme Wolf vir veertien dae lank met sy kruie moes dokter, en kos en water vir hom aandra. Jakkals is dus eintlik nie so ‘n slegte ou nie, hy wil maar net die vaal en oninteressante lewe opkikker vir homself en diegene om om – altans so sê hy . . .

SKRYWER: Pieter Willem Grobbelaar (25 Desember 1930 – 19 Januarie 2013) is in Bloemfontein gebore. Hy word beskou as die belangrikste skrywer van Suid-Afrikaanse volksverhale – wat hy met die grootste sorg en liefde versamel, opgeneem en neergeskryf het – uit ’n magdom van bronne wat nie net in Suid-Afrika nie, maar oral oor die wêreld geraadpleeg is.