Israel-reeks: Omnibus 2

R275.00

Shomer Yisra’el

In die somer van 2006 breek die tweede Libanese oorlog uit. In Jerusalem word Marc, Rivkah en hul babaseuntjie in die gewelddadige gebeure vasgevang. Wanneer die oorlog vererger, word dit duidelik dat Marc opgeroep sal word. Hul persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat Rivkah weer swanger is.

Tiferet Yisra’el

Marc Krige is oorbewus van die verskrikking van die land waarin hy en sy gesin leef. Die Joodse staat word van binne en buite bedreig deur terreuraanvalle, en oorlog is iets waarmee Israeli’s leer saamleef het. Tog, elke keer wanneer hy vrees ervaar, wanneer verstikkende angs oor hom spoel, raak hy diep bewus van die teenwoordigheid van die Heilige van Israel by hom. Hy worstel egter met sy eie bitterheid en kleingeloof wanneer sy ma, Mara, ’n slagoffer van Suid-Afrika se misdaadprobleem word.

SKU: 9780796322715 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Tiferet Yisra’el (Beskermer van Israel) en Shomer Yisra’el (Die Roem van Israel)

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 640

OPSOMMING:

Shomer Yisra’el: In die somer van 2006 breek die tweede Libanese oorlog uit. In Jerusalem word Marc, Rivkah en hul babaseuntjie in die gewelddadige gebeure vasgevang. Wanneer die oorlog vererger, word dit duidelik dat Marc opgeroep sal word. Hul persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat Rivkah weer swanger is.

Tiferet Yisra’el: Marc Krige is oorbewus van die verskrikking van die land waarin hy en sy gesin leef. Die Joodse staat word van binne en buite bedreig deur terreuraanvalle, en oorlog is iets waarmee Israeli’s leer saamleef het. Tog, elke keer wanneer hy vrees ervaar, wanneer verstikkende angs oor hom spoel, raak hy diep bewus van die teenwoordigheid van die Heilige van Israel by hom. Hy worstel egter met sy eie bitterheid en kleingeloof wanneer sy ma, Mara, ’n slagoffer van Suid-Afrika se misdaadprobleem word.

SKRYWER: Marzanne Leroux-Van der Boon is ’n bekende en bekroonde skrywer wat in Vredehoek, Kaapstad, woon. Sy is veral bekend vir haar liefdesromans – wat allerhande etiese en aktuele kwessies aansny – en het ook ’n passie vir Israel, wat die afgelope paar jaar uitgeloop het op elf gewilde romans wat in daardie land afspeel.