Integriteit

R149.00

Verstaan jy die verband tussen karakter en integriteit? Hoe belangrik is die waarheid vir jou? Het jy ’n prys?

Ons lewe in ’n wêreld waar gierigheid en selfgerigtheid botoon vier. Dit het praktyk geword om twyfelagtige optredes te regverdig tot eie voordeel. Karaktereienskappe soos eerlikheid, deursigtigheid, betroubhaarheid, regverdigheid, egtheid en beginselvastheid kom al minder voor.

Integriteit beteken nie volmaaktheid nie, maar om eg en eerlik te leef. Dit beteken dat die weegskaal van jou lewe net één stel gewigte het – gegrond op die waardes en beginsels van die Bybel.

In die Bybelstudie Integriteit besin Isak Burger in 12 grondige studies oor karakter en integriteit wat jou as leser sal inspireer om te lewe volgens Spreuke 11:3 – “Die opregtheid van eerlike mense wys vir hulle die koers. Die valsheid van onbetroubare mense bring hulle ondergang.”

SKU: 9781431624751 Categories: , , , , ,

Description

SUBTITEL: 12 Studies oor karaktervastheid in ‘n wêreld wat kronkelpaaie loop

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 140

OPSOMMING: Verstaan jy die verband tussen karakter en integriteit? Hoe belangrik is die waarheid vir jou? Het jy ’n prys?

Ons lewe in ’n wêreld waar gierigheid en selfgerigtheid botoon vier. Dit het praktyk geword om twyfelagtige optredes te regverdig tot eie voordeel. Karaktereienskappe soos eerlikheid, deursigtigheid, betroubhaarheid, regverdigheid, egtheid en beginselvastheid kom al minder voor.

Integriteit beteken nie volmaaktheid nie, maar om eg en eerlik te leef. Dit beteken dat die weegskaal van jou lewe net één stel gewigte het – gegrond op die waardes en beginsels van die Bybel.

In die Bybelstudie Integriteit besin Isak Burger in 12 grondige studies oor karakter en integriteit wat jou as leser sal inspireer om te lewe volgens Spreuke 11:3 – “Die opregtheid van eerlike mense wys vir hulle die koers. Die valsheid van onbetroubare mense bring hulle ondergang.”

SKRYWER: Isak Burger was waarskynlik een van die langsdienende kerkleiers in die land. Hy is in April 1988 verkies as president van die AGS en is telkens herkies totdat hy emeriteer in September 2016. Hy tree dikwels op as spreker en is die outeur en mede-outeur van verskeie boeke en artikels. Isak is getroud met Heletia en hulle het ’n seun en twee dogters asook drie kleinkinders. Hulle woon in Silver Lakes.