INA – ‘n Verhaal van genade en genesing

R250.00

Ina Bonnette vertel van die wrede aanval op haar deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar oorrompel en gemartel het, ’n aanval waarin sy ook haar seun verloor het. Sy vertel haar merkwaardige verhaal as oorwinnaar, as ’n vrou wat die genade gevind het om hierdie geweldige trauma te oorleef en uiteindelik genesing te vind.

SKU: 9780639607559 Categories: , , , , ,

Description

SUBTITEL: ‘n Ware en inspirerende oorwinningsverhaal

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 192

OPSOMMING: Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar oorrompel het. INA, ’n Verhaal van genade en genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers.

Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is. Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.

SKRYWER: Ina Bonnette is gebore in Rustenburg en het grootgeword in ’n liefdevolle huis. Sy het ’n suksesvolle loopbaan en spreek gereeld vroue toe oor wat met haar gebeur het en hoe om die vroeë tekens van manipulasie en aggressie te identifiseer.