In pas met Christus

R60.00

As daar een ding is wat die lewe ons leer, is dit dat die toekoms onseker en onvoorspelbaar kan wees. In tye van ontwrigting, verlies, dood en uitsigloosheid kan ons daarom nie anders as om die toekoms in pas met Jesus, die Barmhartige, aan te pak nie.

Hierdie saamreisgids gee aan gelowiges nuwe perspektief op hoe ’n lewe in pas met Christus vandag kan lyk. Dit is nie altyd maklik om te volhard op hierdie pad nie, veral nie in woestyntye nie. Maar ten spyte van uitdagings en swaarkry bied ’n lewe in pas met Christus vir ons hoop. En hierdie hoop laat ons besef dit gaan nie oor hoe sterk ons geloof is nie, maar oor hoe sterk die Een is in wie ons glo.

Dít moedig ons aan om, in pas met Hom, met ’n diep liefde en ’n fyn aanvoeling vir alle mense te gaan leef.

Ander boeke in die Christus-trilogie:

In Christus is ons hoop

In Christus saam op pad

SKU: 9781991234155 Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: ’n 8-weke-saamreisgids vir groepe. Leierspan, Sinode van KwaZulu-Natal

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 52

OPSOMMING: As daar een ding is wat die lewe ons leer, is dit dat die toekoms onseker en onvoorspelbaar kan wees. In tye van ontwrigting, verlies, dood en uitsigloosheid kan ons daarom nie anders as om die toekoms in pas met Jesus, die Barmhartige, aan te pak nie.

Hierdie saamreisgids gee aan gelowiges nuwe perspektief op hoe ’n lewe in pas met Christus vandag kan lyk. Dit is nie altyd maklik om te volhard op hierdie pad nie, veral nie in woestyntye nie. Maar ten spyte van uitdagings en swaarkry bied ’n lewe in pas met Christus vir ons hoop. En hierdie hoop laat ons besef dit gaan nie oor hoe sterk ons geloof is nie, maar oor hoe sterk die Een is in wie ons glo.

Dít moedig ons aan om, in pas met Hom, met ’n diep liefde en ’n fyn aanvoeling vir alle mense te gaan leef.

INHOUD:

Week 1: In pas met Jesus, die Barmhartige, in ’n wêreld van isolasie

Week 2: Om in pas met Christus te wees vra volharding

Week 3: In pas met Christus deur die woestyn

Week 4: In pas met Christus in vlees en gees

Week 5: In pas met Christus in ’n intieme ruimte

Week 6: Soms moet die toekoms oopgebreek word

Week 7: Hoopvol ten spyte van lyding

Week 8: Soli Deo gloria

SKRYWER: Die Visionêre Leierspan van die NG Kerk in KwaZulu-Natal: Petrus Botha, Mike Heaney, Nola Malan, Francois Maritz, Lerisa Meyer, Pieter Swanepoel, Heinrich Theunissen en Barry Tolmay.