In Gesprek Met God

R105.00

Hierdie lieflike gebedeboek is die ideale geskenk vir vroue van enige ouderdom. Die sewe onderafdelings: Waar’s U?; In stryd met God; Gevind; Ontmoetings; Stukkende ek; Met God in pyn en Tuiskoms is tydlose gebede vanuit Milanie Vosloo se hart. Die gebede is kort, intieme gesprekke met God wat die leser sal lei om weer stil te word en ‘n ontmoeting met God in die alledaagse dinge van die lewe te ervaar. Om gedurigdeur In gesprek met God te wees spreek van ‘n lieflike lewe wat vrug dra vir Hom.

SKU: 9780796312983 Categories: , ,

Description

FORMAAT: Hardeband Boek

AANTAL BLADSYE: 80

OPSOMMING: Hierdie lieflike gebedeboek is die ideale geskenk vir vroue van enige ouderdom. Die sewe onderafdelings: Waar’s U?; In stryd met God; Gevind; Ontmoetings; Stukkende ek; Met God in pyn en Tuiskoms is tydlose gebede vanuit Milanie Vosloo se hart. Die gebede is kort, intieme gesprekke met God wat die leser sal lei om weer stil te word en ‘n ontmoeting met God in die alledaagse dinge van die lewe te ervaar. Om gedurigdeur In gesprek met God te wees spreek van ‘n lieflike lewe wat vrug dra vir Hom.

SKRYWER: Milanie Vosloo is ’n topverkoper-outeur wat deur haar boeke al duisende vroue se lewens verander het. Met haar eerlike manier kry sy dit reg om die hart en siel van haar lesers te raak … hulle te inspireer en aan hulle hoop te bring. Milanie is die besturende direkteur van haar eie reklameagentskap, Uppe® Marketing, wat al groot suksesse onder haar leiding behaal het. Sy het haar honneursgraad in Kommunikasie cum laude behaal en was in 1992 Suid-Afrika se Junior Besigheidsvrou van die jaar, en in 1994 Besigheidsvrou van die jaar. Jy sal vind dat Milanie se woorde jou hart raak omdat sy met opregtheid en wysheid haar lewensondervinding as suksesvolle sakevrou, skrywer, ma en vriendin met jou deel.