In die teenwoordigheid van die Allerhoogste

R250.00

’n Boek vir almal wat op soek is na die rus wat die Here gee. Hierdie jaarboek sal jou gids wees op die pad na ’n lewe van toewyding en gehoorsaam aan God. Dit sal jou dag vir dag en maand vir maand lei deur geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar nuwe geestelike vreugde sal ervaar.

SKU: 9781776353897 Categories: , , , , ,

Description

SUBTITEL: ‘n Jaar van geestelike groei

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 384

OPSOMMING: In die teenwoordigheid van die Allerhoogste is geskryf vir mense wat op soek is na die rus wat die Here gee, al leef ons in ’n gejaagde wêreld. ’n Lewe van innerlike vrede is vandag nog moontlik. Daardie vrede wat jou elke dag soos ’n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So ’n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus.

Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ’n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur ’n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar.

SKRYWER: Prof Stephan Joubert se grootste vreugde is om die Here lief te hê en om mense in en om die kerk op allerlei buite-die-boks-maniere te dien. As tentmakerleraar is hy deeltyds verbind aan Pierre van Ryneveld-gemeente asook by die Mosaïek-gemeente in Fairlands en die Moreletapark-gemeente. Stephan Joubert is ’n buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Universiteit van Nijmegen in Nederland. Stephan se boek Jesus – ’n radikale sprong is in 2010 bekroon met die Andrew Murray-prys vir die beste Afrikaanse Christelike boek.