Illustrasies, gelykenisse en stories

R60.00

Die meeste mense, Moslems ingesluit, is lief daarvoor om na stories te luister. Hierdie publikasie bied daarom ’n versameling illustrasies, gelykenisse en stories wat nuttig gebruik kan word om met Moslems oor die Christelike geloof te praat.

Jesus self het gelykenisse gebruik om die denke van sy gehoor te stimuleer. Die stories in hierdie boek sal mense laat dink en hulle aanmoedig om die waarheid oor God te soek.

Baie van die stories is gelykenisse wat in die Bybel opgeneem is. Dit openbaar Bybelse waarhede aan mense in daaglikse situasies.

Christene kan hierdie illustrasies, gelykenisse en stories op die regte tyd en die regte plek gebruik om die waarhede van hulle geloof in God aan Moslems en mense van ander gelowe te verduidelik.

Ook beskikbaar in Engels

SKU: 9781776160426 Categories: ,

Description

SUBTITEL: Vir Moslems en mense van ander gelowe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 56

OPSOMMING: Die meeste mense, Moslems ingesluit, is lief daarvoor om na stories te luister. Hierdie publikasie bied daarom ’n versameling illustrasies, gelykenisse en stories wat nuttig gebruik kan word om met Moslems oor die Christelike geloof te praat.

Jesus self het gelykenisse gebruik om die denke van sy gehoor te stimuleer. Die stories in hierdie boek sal mense laat dink en hulle aanmoedig om die waarheid oor God te soek.

Baie van die stories is gelykenisse wat in die Bybel opgeneem is. Dit openbaar Bybelse waarhede aan mense in daaglikse situasies.

Christene kan hierdie illustrasies, gelykenisse en stories op die regte tyd en die regte plek gebruik om die waarhede van hulle geloof in God aan Moslems en mense van ander gelowe te verduidelik.

Inhoud

  1. Illustrasies om God beter te verstaan
  2. Illustrasies om Jesus Christus te verstaan
  3. Illustrasies om die Drie-eenheid te verstaan
  4. Illustrasies en vergelykings wat God se siening van die mens oordra
  5. Illustrasies en vergelykings wat ons help om boetedoening te verstaan
  6. Die Bybel: die Woord van God, die waarheid
  7. Verlossing, die ewige lewe en die weg om te ontsnap
  8. Nog gelykenisse van die Here Jesus
  9. Verskeie onderwerpe

SKRYWER: Andreas Maurer het baie ervaring in intergodsdienstige dialoog met mense uit verskillende kulture, veral met Moslems van Europa, Afrika, Asië en die Arabiese lande. Hy is goed opgelei in missiologie en teologie en die skrywer van talle handboeke en artikels.

Ook beskikbaar in Engels

Illustrations, parables, stories