Huisgeloof-reeks 2: Ons huis vier

R80.00

Met Huisgeloof 2 Ons huis vier wil ons ouers bemagtig om saam met hulle kinders verskillende maniere te ontdek om hulle geloof te vier.Die praktiese wenke in hierdie boek help families om geloofsmomente te ontdek en saam te vier. Dit help families om God se teenwoordigheid in hulle daaglikse lewe raak te sien en dit met mekaar te deel.

Deur hierdie geloofsmomente ontdek families dat geloof nie net deur kennis gevorm word nie. Goeie verhoudings met mekaar, om ons geloof prakties uit te leef en te vier en om geloofsbelewenisse saam te ervaar vorm alles saam ʼn eenheid om ons geloof te versterk.

 Ons huis vier is die tweede boek in ʼn reeks van 4 boeke oor:

  1. Geloofsgewoontes
  2. Geloofsmomente
  3. Familiegewoontes
  4. Kerkjaar-aktiwiteite

Buy now Read more