Description
SUBTITEL: Families glo saam
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 42
OPSOMMING: Met Huisgeloof 1 Ons huis oefen wil ons ouers bemagtig om saam met hulle kinders verskillende maniere te ontdek om in hulle geloof te groei.
Die praktiese wenke in hierdie boek help gesinne om hierdie nege geloofsgewoontes in te oefen en deel van hulle alledaagse lewe te maak, om God se teenwoordigheid in hulle daaglikse lewe raak te sien en dit met mekaar te deel.
Deur die sportmetafore ontdek families dat geloof nie net deur kennis gevorm word nie. Ons sien dat goeie verhoudings met mekaar, om ons geloof prakties uit te leef en geloofsbelewenisse te ervaar alles saam ʼn eenheid vorm om ons geloof te versterk.
Ons huis oefen is die eerste boek in ʼn reeks van 4 boeke oor:
1. Geloofsgewoontes
2. Geloofsmomente
3. Familiegewoontes
4. Kerkjaar-aktiwiteite
INHOUD
Inleiding
1. Geloofsgesprekke: Ons spanpraatjies
2. Lees die Bybel: Ons wedstrydplan
3. Bid: Ons kommunikasie op die veld
4. Leef diensbaar: Ons spanwerk
5. Gaan kerk toe: Ons oefentyd
6. Wees dankbaar: Ons sportmangees
7. Maak ʼn verskil in die wêreld: Ons wedstrydtyd
8. Rus: Ons hersteltyd
9. Geloofsrituele: Ons spankreet
Voorbeeld van Huisgeloof-reeks 1: Ons huis oefen
SKRYWERS
Anriëtte de Ridder en Maartje van der Westhuizen, die redakteurs van hierdie boek en die Huisgeloof-reeks, is deel van die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode. Hulle albei staan ook in ʼn gemeente en is baie nou betrokke by die jeug van ons land.