Huisgeloof-reeks 4: Ons huis dien

R120.00

Ons huis dien bemagtig ouers om hulle verhouding met hulle kinders te versterk deur verskillende familiegewoontes te vestig.

Familiegewoontes help mense in ’n huishouding om beter saam te leef en mekaar te dien. Dit help ook almal in die familie om goeie vaardighede in te oefen soos kommunikasie, konflikhantering en diensbaarheid.

Die 9 ontmoetings in hierdie boek gee aan families praktiese wenke en voorbeelde van hoe hulle die verskillende familiegewoontes in hulle huishouding kan inoefen. Hierdie gewoontes sal hulle ook help om Jesus se liefde prakties uit te leef in die manier waarop hulle mekaar in die huis behandel en deur hulle dade wys dat hulle vir mekaar omgee.

Mag hierdie boek jou en jou kinders nader aan God, nader aan mekaar en nader aan julle naaste bring.

SKU: 9781928468141 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Families leef saam. 9 familiegewoontes.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 64

OPSOMMING: Ons huis dien bemagtig ouers om hulle verhouding met hulle kinders te versterk deur verskillende familiegewoontes te vestig.

Familiegewoontes help mense in ’n huishouding om beter saam te leef en mekaar te dien. Dit help ook almal in die familie om goeie vaardighede in te oefen soos kommunikasie, konflikhantering en diensbaarheid.

Die 9 ontmoetings in hierdie boek gee aan families praktiese wenke en voorbeelde van hoe hulle die verskillende familiegewoontes in hulle huishouding kan inoefen. Hierdie gewoontes sal hulle ook help om Jesus se liefde prakties uit te leef in die manier waarop hulle mekaar in die huis behandel en deur hulle dade wys dat hulle vir mekaar omgee.

Mag hierdie boek jou en jou kinders nader aan God, nader aan mekaar en nader aan julle naaste bring.

SKRYWER: Anriëtte de Ridder en Maartje van der Westhuizen, die redakteurs van hierdie boek en die Huisgeloof-reeks, is deel van die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode. Hulle albei staan ook in ’n gemeente en is baie nou betrokke by die jeug van ons land.