Huisgeloof-reeks 3: Ons huis onthou

R100.00

Ons huis onthou bemagtig ouers om saam met hulle kinders verskillende maniere te ontdek om in hulle geloof te groei.

Hierdie boek vertel vir gesinne meer oor die agtergrond, betekenis, kleure en simbole van elke seisoen of fees wat deel van die Kerkjaar vorm. Die 9 Kerkjaar-aktiwiteite help gesinne om ’n ritme aan hulle geloofsvorming te gee en bewus te bly van God se nabyheid.

Wanneer ons die Kerkjaarseisoene en -feeste saam vier, daaroor gesels en ʼn ritueel of aktiwiteit daaraan koppel, raak ons opnuut bewus van God se reis met ons en ons kyk met ander oë na die wêreld.

SKU: 9781928468134 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Families vier saam

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 52

OPSOMMING: Ons huis onthou bemagtig ouers om saam met hulle kinders verskillende maniere te ontdek om in hulle geloof te groei.

Hierdie boek vertel vir gesinne meer oor die agtergrond, betekenis, kleure en simbole van elke seisoen of fees wat deel van die Kerkjaar vorm. Die 9 Kerkjaar-aktiwiteite help gesinne om ’n ritme aan hulle geloofsvorming te gee en bewus te bly van God se nabyheid.

Wanneer ons die Kerkjaarseisoene en -feeste saam vier, daaroor gesels en ʼn ritueel of aktiwiteit daaraan koppel, raak ons opnuut bewus van God se reis met ons en ons kyk met ander oë na die wêreld.

Pluspunte
– Geloofsvorming vind grootliks by die huis plaas. Hierdie boek en reeks is spesifiek ontwikkel om ouers met die geloofsvorming van hulle kinders te help.
– Hierdie boek kan in verskillende ruimtes gebruik word om groepe of gesinne te help om oor spesifieke geloofsgewoontes te gesels, na te dink en dit in te oefen.
– Dit is spesifiek só geskryf dat ouers dit saam met hulle kinders kan doen.
– Dit is gepas vir gesinne met voorskoolse, laerskool- en hoërskoolkinders.
– Dit kan uitstekend gebruik word by alle kinder- en jeuggroepe.
– Dit is baie prakties geskryf met stories en talle aktiwiteite.

Lesersmark
– Ouers/gesinne
– Kategeseleiers
– Predikante en gemeenteleiers
– Leiers van kinder- en jeuggroepe

SKRYWER: Anriëtte de Ridder en Maartje van der Westhuizen, die redakteurs van hierdie boek en die Huisgeloof-reeks, is deel van die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode. Hulle albei staan ook in ʼn gemeente en is baie nou betrokke by die jeug van ons land.