Hoendervleis

R165.00

Kom slaap ’n nag lank in die spookkamer.
Vind uit wat gebeur as jy ’n poets op ’n onnie soos juffrou Grimbeek bak.
Waag dit om ’n paar baie spesiale handskoene aan te trek.
Ontdek die nuwe rugbyheld se grillerige geheim.
Vind uit waarom jou kleinboetie nog elke aand met sy bedlampie aan slaap.
En kom swem in die Middernagmeer … as jy dapper genoeg is.

Hierdie boek vol grillerige stories en rympies sal jou heerlik hoendervleis laat kry! Daar is ’n weerwolf wat saam op die skoolkamp gaan, ’n paar spokerige handskoene wat goed is met klavier speel, ’n baie vreemde onderwyseres – en iets wat jou die hardste van almal in die fliek sal laat gil!

Jong grilvrate sal versot wees op hierdie versameling stories en rympies uit die pen van Jaco Jacobs.

SKU: 9780799383874 Categories: , , , , ,

Description

SUBTITEL: Grillerige stories en rympies

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 104

OUDERDOM: 9+

OPSOMMING: Kom slaap ’n nag lank in die spookkamer.
Vind uit wat gebeur as jy ’n poets op ’n onnie soos juffrou Grimbeek bak.
Waag dit om ’n paar baie spesiale handskoene aan te trek.
Ontdek die nuwe rugbyheld se grillerige geheim.
Vind uit waarom jou kleinboetie nog elke aand met sy bedlampie aan slaap.
En kom swem in die Middernagmeer … as jy dapper genoeg is.

Hierdie boek vol grillerige stories en rympies sal jou heerlik hoendervleis laat kry! Daar is ’n weerwolf wat saam op die skoolkamp gaan, ’n paar spokerige handskoene wat goed is met klavier speel, ’n baie vreemde onderwyseres – en iets wat jou die hardste van almal in die fliek sal laat gil!

Jong grilvrate sal versot wees op hierdie versameling stories en rympies uit die pen van Jaco Jacobs.

SKRYWER: Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 130 boeke vir tieners, kinders en kleuters – van humoristiese boeke wat jou tone laat omkrul van pret tot heerlike grillers wat gewaarborg is om jou hoendervleis te gee!

Talle van Jaco se boeke, soos sy tienerromans Suurlemoen! en Perfek, is topverkopers. Meer as ’n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop en hy spog met talle bekronings, waaronder die Alba Bouwerprys, die CP Hoogenhoutmedalje en 22 ATKV-Kinderboektoekennings. Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, drie honde en ’n troetel-luislang.

ILLUSTREERDER: Juanette Smuts is ’n vryskut-illustreerder en visuele kunstenaar. Sy het haar opleiding aan die Ruth Prowse School of Art voltooi, en woon deesdae in Kaapstad. Juanette sê haar werk word sterk beïnvloed deur groteske elemente aan die een kant, en humor aan die ander kant. Hoendervleis is haar debuut as kinderboekillustreerder.