Hoe groot is ons God

R200.00

Hoe groot is ons God volg op tot pastor Louie Giglio se topverkoperboek Onbeskryflik!, en bevat 100 ongelooflike nuwe feite en dagstukkies oor God en die wetenskap om kinders se verwondering oor hul Skepper aan te wakker.

Louie Giglio bied nog 100 dagstukkies oor God en die wetenskap wat kinders tussen 6 en 10 se nuuskierigheid sal prikkel. Hoe groot is ons God bevat merkwaardige wetenskaplike feite, pragtige foto’s, prettige illustrasies en eenvoudige aktiwiteite.

Die temas sluit in die buitenste ruim, die Aarde en die weer, die menslike liggaam, diere, plante, en vele meer!

Met hierdie dagstukkieboek gaan kinders op ’n reis om meer oor God en sy ongelooflike skepping te leer. Van die Pienk Meer in Senegal en die Aarde se omwenteling om die son tot die waterwyse padda wat tot vyf jaar lank sonder water kan oorleef, sal die wonders van die heelal jou kind ’n nuwe waardering gee vir God se ontsaglike skeppingsvermoë.

SKU: 9781415341803 Categories: , , , , , , ,

Description

SUBTITEL: 100 WONDERLIKE OORDENKINGS OOR GOD EN WETENSKAP

FORMAAT: Hardeband Boek

AANTAL BLADSYE: 208

OPSOMMING: Hoe groot is ons God volg op tot pastor Louie Giglio se topverkoperboek Onbeskryflik!, en bevat 100 ongelooflike nuwe feite en dagstukkies oor God en die wetenskap om kinders se verwondering oor hul Skepper aan te wakker.

Louie Giglio bied nog 100 dagstukkies oor God en die wetenskap wat kinders tussen 6 en 10 se nuuskierigheid sal prikkel. Hoe groot is ons God bevat merkwaardige wetenskaplike feite, pragtige foto’s, prettige illustrasies en eenvoudige aktiwiteite.

Die temas sluit in die buitenste ruim, die Aarde en die weer, die menslike liggaam, diere, plante, en vele meer!

Met hierdie dagstukkieboek gaan kinders op ’n reis om meer oor God en sy ongelooflike skepping te leer. Van die Pienk Meer in Senegal en die Aarde se omwenteling om die son tot die waterwyse padda wat tot vyf jaar lank sonder water kan oorleef, sal die wonders van die heelal jou kind ’n nuwe waardering gee vir God se ontsaglike skeppingsvermoë.

SKRYWER: Louie Giglio is Passion City Church se pastoor en die inspirasie agter die Passion-beweging. Hulle doelwit: om ’n generasie op te roep om hulle lewe te gee om Jesus bekend te maak. Passion het in 1997 begin met konferensies vir naskoolse jongmense, eers in die VSA en later in baie ander lande. Louie en sy vrou, Shelley, is ook aan die stuur van sake by die Passion City Church, die musiekmaatskappy sixstepsrecords, Passion Publishing en die Passion Global Instituut. Louie is die skrywer van topverkopers soos Not Forsaken, Goliath Must Fall, Indescribable, en The Comeback.