Description
SUBTITEL: “’n Eietydse boek om ons te begelei in ons worstelinge met God, geloof en die kerk.” – Tom Smith
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 184
OPSOMMING: Het jy jou geloof verloor of het dit gegroei en verander? Is daar ander maniere om te dink oor waarheid, God, die Bybel en kerk as die tradisionele manier?
Vandag se mense wil nie in allerhande dogmatiese belydenisskrifte vir antwoorde krap nie en die kerk beïndruk hulle beslis nie. Dikwels stap mense weg van hulle jarelange geloof. Dit is nie ’n klein, maklike besluit nie.
Hierdie boek is nie veronderstel om vol antwoorde te wees nie, dit is ’n gids op jou geloofsreis. Dit wys dat daar ’n ander manier is om te dink oor geloof, God en godsdiens. Dit is ’n uitnodiging om vrae te vra en te twyfel, te stoei en teen God se bors te slaan. Want Hy is daar en Hy bestaan en Hy het jou oneindig lief.
SKRYWER: Pierre du Plessis is die leraars by InVia gemeente in Rondebosch, Kaapstad. Hy is onlangs as leraar in die NG kerk bevestig. Hy dra by tot verskeie blogs en sy praatjies oor kreatiwiteit en hoe om te leef en te werk in ’n vinnig veranderende wêreld is gewild. Hy ontvang die Gerrit Brand-Desmond Tutuprys vir Jesus ruik na mirre en stof.