Description
SUBTITEL: Sewe stappe na ’n nuwe jy
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 332
OPSOMMING: Sukkel jy met selfvertroue? Vergelyk jy jouself gedurig met die wêreld se idee van perfeksie? Verhinder jou gebrek aan selfvertroue jou om doelwitte te bereik en werklik suksesvol te wees?
Jy is nie alleen nie.
Van die slimste en mooiste vroue ter wêreld het lae selfvertroue. In hierdie boek deel Rolene Strauss hoe ook sy met ‘n tekort aan selfvertroue gesukkel het, selfs terwyl sy die Mej. Wêreld-kroon gedra het.
Deur haar meestersgraad in professionele lewensafrigting en ure se afrigtingsessies met vroue wat met lae selfvertroue gesukkel het, het Rolene waardevolle insigte bekom oor hoe vroue hul selfvertroue kan bou en behou.
Herontdek jou selfvertroue is ’n onontbeerlike gids vir vroue wat die moed en vertroue wil hê om hul drome vreesloos na te jaag.
Ook beskikbaar in Engels.
SKRYWER: Rolene Strauss is ‘n transformasie-afrigter, voormalige Mej Wêreld, gegradueerde mediese dokter, skrywer, internasionale spreker, entrepreneur, eggenoot en ma van twee seuns. Dit is haar passie om vroue regoor die wêreld aan te moedig om NEE te sê vir perfeksie, vergelyking en lae selfvertroue, en JA vir selfwaarde, moed, geluk en sukses.