Help! My kind is anders!

R280.00

Om ’n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind ‘anders’ is? Wat as hy hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed sy’s op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en ’n swak pengreep? Wat as hy ’n taalagterstand het, lispel of hakkel? En sê nou sy het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs?

In Help! My kind is anders! beantwoord ’n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel. Is terapie werklik nodig of net ’n geldmaakstorie? En waar begin ’n mens as jy dink daar is fout?

In 30 boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop. Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime.

Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak!

SKU: 9780799396294 Categories: , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 320

OPSOMMING: Om ’n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind ‘anders’ is? Wat as hy hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed sy’s op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en ’n swak pengreep? Wat as hy ’n taalagterstand het, lispel of hakkel? En sê nou sy het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs?

In Help! My kind is anders! beantwoord ’n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel. Is terapie werklik nodig of net ’n geldmaakstorie? En waar begin ’n mens as jy dink daar is fout?

In 30 boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop. Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime.

Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak!

SKRYWER: Christien Neser is ’n skrywer, maar ook ’n spraakterapeut wat byna vier dekades in die praktyk is. Sy het saamgespan met ’n groep kundige kollegas om ouers se groot vrae te beantwoord. Maar die kersie op die koek is die verhale van deursettingsvermoë en hoop van ouers en hul superspesiale kinders. Kampioenspanne!