Helena Hugo Derde Keur

R235.00

In Alinda se lampie werk Alinda al lank in SaoediArabië, en van ’n prins op ’n Arabierperd is daar geen sprake nie. Haar lewe is vervelig . . . tot ’n man op ’n dag voor haar staan met ’n silwerlampie. “Magic lamp will make you happy,” sê hy. Alinda kan doen met ’n bietjie geluk noudat prinses Irmina dr Danie Hartogh se hart gesteel het. Sy koop die lampie net daar. Wie weet, dalk kan ’n towergees haar help om sy liefde terug te wen . . .

In Narkose vir die hart het dr Saranie du Plessis haar worshond, haar lovebirds en haar narkotiseurstudies. Meer soek sy nie. Dat sy aan die verkeerde kant van dertig en steeds manloos is, is iets wat haar familie groter hoofbrekens besorg as vir haar. Daar is egter één man wat haar hart vinniger kan laat klop: die afsydige dr Franz Strauss. Hy staan bekend as die Walskoning, en Saranie sal voorwaar nie omgee om deur hom uit haar skoene gedans te word nie. Net jammer dat die draak Glenda Olckers reeds haar kloue in Franz geslaan het . . .

SKU: 9780624090502 Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: Narkose vir die hart

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 440

OPSOMMING: In Alinda se lampie werk Alinda al lank in SaoediArabië, en van ’n prins op ’n Arabierperd is daar geen sprake nie. Haar lewe is vervelig . . . tot ’n man op ’n dag voor haar staan met ’n silwerlampie. “Magic lamp will make you happy,” sê hy. Alinda kan doen met ’n bietjie geluk noudat prinses Irmina dr Danie Hartogh se hart gesteel het. Sy koop die lampie net daar. Wie weet, dalk kan ’n towergees haar help om sy liefde terug te wen . . .

In Narkose vir die hart het dr Saranie du Plessis haar worshond, haar lovebirds en haar narkotiseurstudies. Meer soek sy nie. Dat sy aan die verkeerde kant van dertig en steeds manloos is, is iets wat haar familie groter hoofbrekens besorg as vir haar. Daar is egter één man wat haar hart vinniger kan laat klop: die afsydige dr Franz Strauss. Hy staan bekend as die Walskoning, en Saranie sal voorwaar nie omgee om deur hom uit haar skoene gedans te word nie. Net jammer dat die draak Glenda Olckers reeds haar kloue in Franz geslaan het . . .

SKRYWER: Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf topverkopers en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en vervolgverhale. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.