Hekel en word heel

R320.00

Hekel ’n pad na genesing

Hier is ’n hekelboek met ’n verskil. Vir die eerste keer in Afrikaans vertel vroue hoe hekel hulle deur moeilike en donker tye gehelp het. Stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, die dood van ‘n kind tot emosionele en fisieke mishandeling.

Een-en-twintig dapper vroue maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Omstandighede wat nie verander kan word nie, word deurgaans op ’n konstruktiewe en kreatiewe wyse hanteer en Hekel en word heel vier hierdie vroue se onblusbare gees. Die leser sal vol hoop voel ná die lees van die stories.

Ons het ’n motief vir elkeen van hierdie een-en-twintig vroue se storie ontwerp en dit gebruik om persoonlike en huishoudelike artikels mee te maak. Gevorderde tegnieke is deurgaans gebruik om die beste moontlike eindresultaat te verkry.

Entoesiastiese beginners sal ook geskikte patrone hier vind en daar is verwysings na hulpbronne indien dit nodig sou raak. Laastens het ons helder kleure ingespan, bont genoeg om jou dag mee op te vrolik.

SKU: 9780799384840 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Hoe hekel my lewe gered het

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 100

OPSOMMING: Hekel ’n pad na genesing

Hier is ’n hekelboek met ’n verskil. Vir die eerste keer in Afrikaans vertel vroue hoe hekel hulle deur moeilike en donker tye gehelp het. Stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, die dood van ‘n kind tot emosionele en fisieke mishandeling.

Een-en-twintig dapper vroue maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Omstandighede wat nie verander kan word nie, word deurgaans op ’n konstruktiewe en kreatiewe wyse hanteer en Hekel en word heel vier hierdie vroue se onblusbare gees. Die leser sal vol hoop voel ná die lees van die stories.

Ons het ’n motief vir elkeen van hierdie een-en-twintig vroue se storie ontwerp en dit gebruik om persoonlike en huishoudelike artikels mee te maak. Gevorderde tegnieke is deurgaans gebruik om die beste moontlike eindresultaat te verkry.

Entoesiastiese beginners sal ook geskikte patrone hier vind en daar is verwysings na hulpbronne indien dit nodig sou raak. Laastens het ons helder kleure ingespan, bont genoeg om jou dag mee op te vrolik.

SKRYWERS: Nadia de Kock is ’n skrywer van Johannesburg en het twee romans op haar kerfstok met die derde een, Die wolkversamelaars, wat in 2019 verskyn. Sy skryf ook gereeld artikels en kortverhale vir vrouetydskrifte. Nadia glo vas in die towerkrag van die digkuns, die vrede wat te vind is in die natuur, en in die helende krag van hekel.

Hilda Steyn is ’n bekende ontwerper van Pretoria. Gelouter deur die lewe kap sy vir haar ’n nuwe, gelukkiger paadjie uit met behulp van haar eindelose kreatiwiteit. Haar patrone word wêreldwyd geniet.